Leesplan inligting

Groeiend in Waarheid – Vir OuersVoorbeeld

Growing in Truth – For Parents

DAG 6 VAN 7

Lees Efesiërs 6:14


Dink na oor die gelese gedeelte


Het jy geweet dat jy daagliks in ‘n geestelike geveg teen die duiwel en sy bose magte gewikkel is? Die wêreld mislei ons aanhoudend met leuens en trek ons aandag af van ons voorneme om te doen wat reg is. Ons vind egter ‘n veilige toevlug en beskerming teen die Satan en sy aanvalle in die waarheid van die Woord van God. Terwyl jy jou Bybel lees en bid, vra vir God om jou in sy waarheid te onderrig en benut die tyd om stil te wees en te luister na wat Hy vir jou sê. Sien in jou verbeelding die lae van beskerming wat jou heeltemal stewig toevou namate jy meer tyd met God deurbring en sy Woord bestudeer. 


Bid


Hemelse Vader, dankie dat U die Vader van waarheid is en nooit leuens vertel nie. U het u Woord en u Seun vir my gegee om my vertroue in U te versterk en sodat my kennis van u waarheid mag toeneem. Maak my asseblief bewus van areas in my lewe waar my kennis van u waarheid moet toeneem en versterk my sodat ek, al word ek versoek, nie bang sal wees om my keuses op u waarheid te baseer nie. Help my om u waarheid te ken en elke dag daarvolgens te leef. Amen.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Growing in Truth – For Parents

“Groeiend in Waarheid” is ‘n familievriendelike Bybelleesplan! Die leesplan bevat daaglikse tematies-eenvormige ouer- en kindertoepaslike leeswerk met vrae om besprekings uit te lok van dit wat saam geleer is. Nooi jou m...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid