Leesplan inligting

Groeiend in Waarheid – Vir OuersVoorbeeld

Growing in Truth – For Parents

DAG 4 VAN 7

Lees Psalm 25:5


Dink na oor die gelese gedeelte


Onthou jy die verhaal van Dawid? Hy het as jongman pligsgetrou sy pa se skape opgepas en tyd bestee om die skoonheid van God se skepping te waardeer, lofliedere te skryf en dikwels ‘n gesprek met God te voer. Die jong Dawid het die Here hoofsaaklik om leiding en onderrig in die waarheid gevra. Hy het grootgeword as “n man na God se hart” en aan wie die mag en verantwoordelikheid as die tweede koning van Israel toevertrou is. 


Dink terug aan jou jeugjare – waarvoor het God jou onderrig? Vir watter groot verantwoordelikheid het God jou op hierdie tydstip in jou lewe voorberei? Sou jy ook gereken kan word as iemand wat God se hart bly maak? Jeugdigheid is nie ‘n voorvereiste om die Here te vra vir leiding en onderrig om meer intiem saam met Hom te lewe nie. Laat vandag se leeswerk die dryfkrag wees om die Here nou deel te maak van jou hartsbegeerte: "Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting."


Praat oor die volgende


Vra jouself af: Dink aan ‘n tydstip in jou lewe toe jy vir iets moes wag en daardeur ‘n baie waardevolle les geleer het.


Vraag aan ‘n kind: Wat is die langste tyd wat jy al ooit vir iets moes wag? 


Bespreek saam: Dink aan iets wat elkeen van ons vandag kan doen (asook elke dag hierdie week) wat ons kan help om in die waarheid lewe.


Bid


Hemelse Vader, dankie dat u Woord die waarheid is. Help my asseblief om te onthou dat U my sedert my jeug voorberei vir my huidige verantwoordelikhede. Leer my en maak aan my u weë bekend. Help my om op U leiding te wag, en nie op my eie insigte staat te maak of uit eie krag te probeer optree nie. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Growing in Truth – For Parents

“Groeiend in Waarheid” is ‘n familievriendelike Bybelleesplan! Die leesplan bevat daaglikse tematies-eenvormige ouer- en kindertoepaslike leeswerk met vrae om besprekings uit te lok van dit wat saam geleer is. Nooi jou m...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid