Leesplan inligting

Groeiend in Waarheid – Vir OuersVoorbeeld

Growing in Truth – For Parents

DAG 1 VAN 7

Lees Johannes 14:6


Dink na oor die gelese gedeelte


Op ‘n treffende manier verwoord hierdie teksvers ’n feit wat ons met sekerheid kan aanvaar. Hierdie teksvers verskyn as ‘n inskripsie op die brandskilderwerk voor in die kerk van my grootwordjare. Elke Sondag het ek aandagtig daarna gekyk en gewonder hoekom iemand juis hierdie teksvers bo al die ander in die Bybel sou kies sodat ons dit weekliks moes lees.


 ‘n Moontlike rede is omdat ons baie maklik dink ons kan op ons eie bene staan … uit eie krag optree. Daarby herinner hierdie teksvers ons aan wie Jesus is. Die teksvers is ‘n vermaning om te onthou dat ek by die “niemand” in die teksvers ingesluit is en dat ek net deur Jesus by die Vader kan uitkom. Slegs in Hom is die mag om ons sonde te oorkom en om ‘n nuwe lewe in 'n verhouding met God, ons hemelse Vader, te hê.


Praat oor die volgende


Vra jouself af: Was daar ‘n stadium in jou lewe toe jy besef het jy tree onregverdig op en iemand anders se hulp nodig was om die onregverdigheid ongedaan te maak? 


Vraag aan ‘n kind: Het jy al ooit verdwaal? Wat het jou gehelp om jou pad weer te vind?


Bespreek saam: Soms kan die lewe uitdagend wees. Dit lyk soms of daar meer vrae as antwoorde is wanneer ons gekonfronteer word met besluite oor wat reg is en hoe om verstandige keuses te maak. Indien ons onseker is of ons die beste besluit neem, hoe kan ons mekaar help onthou dat ons na die waarheid moet soek? (Wenk: moenie vergeet dat Jesus gesê het: “Ek is die weg, en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”)


Bid 


Vader, help ons om ons oë op Jesus gerig te hou, want ons weet Hy IS die weg – die enigste weg. Dankie vir hierdie belangrike waarheid in u Woord. Help my om dit te onthou wanneer ek in die versoeking is om aan iets te dink of te doen wat my van u weg laat afdwaal, die weg wat na die ewige lewe lei. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Growing in Truth – For Parents

“Groeiend in Waarheid” is ‘n familievriendelike Bybelleesplan! Die leesplan bevat daaglikse tematies-eenvormige ouer- en kindertoepaslike leeswerk met vrae om besprekings uit te lok van dit wat saam geleer is. Nooi jou m...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid