Leesplan inligting

Groeiend in Waarheid – Vir OuersVoorbeeld

Growing in Truth – For Parents

DAG 5 VAN 7

Lees Efesiërs 4:15


Dink na oor die gelese gedeelte


Ongeag jou ouderdom, is daar altyd ruimte om te groei en te ontwikkel – hoofsaaklik wat eerlikheid teenoor onsself en ander betref, asook ons vermoë om liefde aan ander te bewys. Ons word voortdurend dopgehou – veral deur ons kinders. Ons moet daagliks verbetering in ons optrede nastreef, toeneem in volwassenheid en ons beywer om almal wat ons pad kruis met liefde, vriendelikheid en respek te hanteer. Ons dink ons slaag in ons doel, totdat iemand voor ons inry wanneer ons laat is, óf wanneer iemand ongeskik en onhulpvaardig in ‘n winkel is, óf weier om verkeerde optrede te erken, óf om dit reg te stel. Volwassewording gaan met groeipyne gepaard − soms is die proses moeilik, maar altyd die moeite werd. God, ons Vader, is trots op pynlik intense eerlikheid en liefde sonder voorbehoud.


Praat oor die volgende


Vra jouself af: Hoekom is eerlikheid so belangrik? 


Vraag aan ‘n kind: Wat kan ek vandag anders doen om my in die waarheid te laat groei? (Wenk: Dit kan iets met jou eie eerlikheid te doen hê of hoe jy jou teenoor ander gedra.)


Bespreek saam: Hoe kan ons daarteen waak om nie leuens te vertel, of die versoeking weerstaan om die waarheid selfs net ‘n klein bietjie te verdraai nie?


Bid


Dierbare Jesus, dankie vir die duidelike riglyne in die Bybel wat my leer hoe U wil hê ek moet lewe. Help my asseblief om iemand te wees wat dapper genoeg is om altyd die waarheid te praat. Ek is jammer vir die kere wat ek leuens vertel het – vergewe asseblief my oneerlikheid. Ek wil grootword deur meer soos U te wees, daarom het ek u hulp nodig om ander baie lief te hê en sodoende altyd uit liefde eerlik op te tree. Amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Growing in Truth – For Parents

“Groeiend in Waarheid” is ‘n familievriendelike Bybelleesplan! Die leesplan bevat daaglikse tematies-eenvormige ouer- en kindertoepaslike leeswerk met vrae om besprekings uit te lok van dit wat saam geleer is. Nooi jou m...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid