Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

DAG 9 VAN 9

Kry dit die werk gedoen?

Robert Coleman (Skrywer van The Master Plan of Evangelism en The Master Plan of Discipleship) sê: Die vraag wat ons onsself moet afvra, is waarmee ons in die kerk besig is?: Is wat ons doen die moeite werd om te doen? Kry ons daarmee die werk gedoen?

Warren Bird: Ons het 'n nuwe telbord nodig wat ons sal help te kan tel hoeveel dissipelmakende dissipels ons oplei.

Skape steel: Kom ons hou op om skape te steel. Gaan na diegene wat ongered is. Jesus het vir hulle gekom! Indien ons die verlorenes sou gaan soek en dissipelmakers van hulle maak, sal daar nie 'n tekort aan mense wees wat kerk toe kom nie. Ons probleem sal wees hoe om hulle te kry om nié na ons kerk toe te kom nie, want daar sal nie plek vir almal wees nie.

Om dissipels te maak is 'n Bybelse beginsel. Dit is nie 'n gier nie.

Wat het Jesus gedoen? Hy het twaalf geroep om Hom te volg, en vir drie jaar het Hy die meeste van sy tyd daaraan gewy om te demonstreer wat Hy van hulle verwag het. Hy het van hulle dissipels gemaak. Daarna is Hy weg.

Die kerk se gesukkel om die evangelie na elke mens op aarde te neem, kan grootliks toegeskryf word aan die feit dat Christene oor die algemeen die ewige verlossing van mense as ‘n kleinigheid beskou.

Die hoeveelheid energie en geld wat ons aan evangelisasie-programme spandeer, behoort gelykstaande te wees aan wat ons spandeer aan ons dissipelskap-programme.

Saad: Hoeveel sade is daar in een appel? Jy kan die appel in die helfte sny en die sade tel. Niemand weet egter hoeveel appels daar in een saad is nie!

Die 2,6 miljard Christene wêreldwyd sê: Ek is net een persoon! Watter verskil kan ek nou maak?

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: ...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid