Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

DAG 1 VAN 9

Voorstel

1. Vra drie vriende of vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/gelees het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.7 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus oor die Sendingopdrag gesê het

Die Skrifgedeelte: Matteus 28:16-20

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my in hierdie spesifieke Skrifgedeelte sê en wat moet ek doen – hoe moet ek dit in my lewe toepas – hoe moet ek gehoorsaam wees?

Besin oor hierdie Skrifgedeelte aan die hand van die volgende drie vrae:

1. Wat leer ek van God in hierdie gedeelte?

(Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ek van myself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte?

(Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, in my verhouding met Hom te groei, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ek dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, in my lewe integreer?

(Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek vanuit hierdie Skrifgedeelte bid?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Matteus 28:16-20 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet jy reageer. Wat is daar wat jy in die komende week kan of moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeelte? Hoe kan jy vir ander mense om jou 'n seën wees? Wees baie spesifiek.

Een van die heel grootste redes waarom Christene nie groei nie, is omdat hulle kennis oor die Skrif het, maar dit nie prakties toepas nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: ...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid