Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

DAG 7 VAN 9

Ons het nie 'n "beter of ander model" nodig nie

Ons het nie 'n ander strategie, slim metode of beter onderrig nodig nie. Ons moet eenvoudig die model wat Jesus gebruik het om dissipels te maak, begin implementeer. Toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy nie beplan om te verloor nie. Hy het vir ons 'n strategie gegee wat die wêreld sou verander en wat effektief genoeg is om die wêreld binne 'n baie kort tydjie te bereik. Waar en wanneer mense hierdie model gebruik het, was daar deurbraak na deurbraak.

Daarom het die Satan hierdie strategie of model met al die geweld uit die hel aangeval. Vir die grootste gedeelte van die afgelope 2 000 jaar sedert Jesus se hemelvaart, het hy daarin geslaag om die kerk sy fokus te laat verloor om dissipels en dissipelmakers te wees.

Waar die kerk terugkeer na dissipelskap, kom nuwe en lewenskragtige kerke tot stand en word groot vordering gemaak.

Evangelisasie is belangrik. Dis onvervangbaar belangrik. Ons het meer evangeliste nodig. Dit is ‘n ononderhandelbare fokus van die kerk. 'n Probleem ontstaan wanneer ons aanhou evangeliseer en nie teen dieselfde tempo nuwe bekeerlinge, dissipels en dissipelmakers maak nie. Evangelisasie word meestal so hanteer dat net meer mense by die gemeente bygevoeg word deur mense wat tot bekering kom. Dit klink gewoonlik so: "Drie weke gelede het ons 'n uitreik gehad met 27 bekeerlinge." "Twee Sondae gelede was daar 'n sterk verlossingsboodskap en 52 mense het hulle lewens aan Christus toegewy." "Die afgelope Sondag het ons 'n gasprediker gehad en 31 mense het 'n oorgawe gemaak." Al die getalle is wonderlik: 27 + 52 + 31.

As jy een evangelis neem, wat een persoon per dag na die Here lei, sal hy na een jaar 365 bekeerlinge hê. As hy dit tien jaar lank aanhou doen, sal hy na tien jaar 3 650 bekeerlinge hê en na twintig jaar 7 300. Dit beteken om by te voeg.

As jy egter een dissipelmaker het wat een nuwe bekeerling en dissipelmaker per jaar ontwikkel, sal daar na een jaar twee dissipelmakers wees. Indien hulle twee elkeen weer een persoon na die Here lei, sal daar na twee jaar, vier dissipelmakers wees en na tien jaar sal daar 1 024 dissipelmakers wees. Wat verstommend is, is dat die evangelis na 16 jaar 5 840 bekeerlinge sal hê, en die dissipelmaker 65 536 dissipelmakers. Na 20 jaar sal dit 1 048 756 dissipelmakers wees. (Die evangelis sal 7 300 bekeerlinge hê.)

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: ...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid