Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

DAG 8 VAN 9

Daar is geen vinniger manier om te evangeliseer as om dissipelmakende dissipels te maak nie.

Uitdaging: Hoe oud is jy nou? Wat sal die effek wees as jy van hierdie oomblik af, elke jaar, vir die res van jou lewe, een dissipelskap groep van vier persone neem en van hulle dissipelmakers maak en hulle leer om te vermenigvuldig? Indien jy tans byvoorbeeld 35 jaar oud is en jy 70 jaar oud word, kan jy 35 groepe toerus. Indien jy dit met drie vermenigvuldig, gee dit vir jou 105 dissipelmakers na 10 jaar. As 60% van alle dissipels wat jy oplei, dissipelmakers word, sal jy na tien jaar 6 300 dissipelmakers opgelei het. Onthou ook: elke dissipelmaker is vanselfsprekend weer ‘n evangelis – dit beteken jy het nou ook 6 300 evangeliste opgelei.

Die volgende aanhalings is baie nuttig om te verstaan hoe die kerk vorentoe moet gaan.

Die beginsel vir kerke is: Daar is geen vinniger manier om nasies te evangeliseer as om dissipelmakende dissipels te maak nie. Daarsonder sal daardie kerk mettertyd 'n plato bereik, stagneer en sterf. Dit geld vir klein-, makro- en megakerke.

Iemand het vir Robert Coleman, skrywer van The Masterplan for Evangelism en The Masterplan of Discipleship, gevra: As jy een vraag aan die kerk kon vra, wat sou dit wees? Hy het 'n oomblik gedink en geantwoord: Wat is julle verskoning om nie aan Christus se opdrag gehoorsaam te wees om dissipels te maak nie?

Iemand het by geleentheid vir Billy Graham gevra: Wat sou jy doen as jy vandag 'n pastoor was? Hy het gesê: "Ek sou vir my 'n dosyn manne kry en my lewe oor drie jaar in hulle uitstort. Dan moet elkeen van hulle 'n dosyn manne kry en die proses herhaal."

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: ...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid