Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

DAG 5 VAN 9

Die oorblywende taak

Min of meer drie miljard mense wêreldwyd het nog nie een keer die evangelie gehoor nie. Daar is steeds meer as 7 200 onbereikte mensegroepe. (Een van die definisies van 'n onbereikte etniese groep is wanneer in so 'n groep minder as 2% Christene is). Slegs 18,3% van nie-Christene ken 'n Christen persoonlik. Hoe kan hulle hoor tensy iemand dit vir hulle sê? Hulle sal nie kerk toe kom nie. Ons sal na hulle toe moet gaan.

Ongeveer 32% van mense wêreldwyd sal hulleself as Christene identifiseer. 'n Aansienlike persentasie van hierdie mense is egter nominale Christene – mense met geen lewende verhouding met Jesus nie.

Wat is die belangrikste ding wat ons uit die volgende Skrifgedeelte leer: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom" (Matteus 24:14).

Die webwerwe van Operation World en Josua Project, is twee van die beste bronne oor die oorblywende taak en hoe om vir hierdie nasies te bid.

'n Baie sinvolle video om op YouTube te kyk is: Tears of the Saints.

Die grafiek hieronder is ons oorblywende taak.




Gehoorsaamheid: Ruim tyd in om te bid en vir die Here Jesus te vra: Here, U het vir my gesterf. Wat wil U hê moet ek doen om die onbereiktes te bereik?

Belangrik: Bid vir geleenthede om uit te reik na die pyn, verlorenheid en gebrokenheid in die wêreld om jou. Hoe kan jy 'n seën vir mense wees? God sal mense na jou toe stuur of jou na hulle toe. Bid vir voorbereide harte.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: ...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid