Leesplan inligting

Innerlike sterkteVoorbeeld

Innerlike sterkte

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Hoe word ek weer innerlik sterk?

Leeslys:

* Efesiërs 3:16-19

* Romeine 11:33-36

* Handelinge 1:8

* 2 Timoteus 1:6-7

* Galasiërs 3:1-5

Toepassing:

Ons het hierdie leesplan begin met die eerste deel van Paulus se gebed in Efesiërs 3:16. Vandag kyk ons na die res van die gebed. Dit is so ‘n mooi gebed wat ons vir onsself kan bid in tye wanneer ons swak en kragteloos voel.

Efesiërs 3:16–21: “Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”

Gebruik hierdie gebed as riglyn, asook hierdie praktiese riglyne van wat ons kan doen as ons voel dat ons besig is om innerlik swak te word:

  1. Erken dat jy self tot niks in staat is behalwe deur Christus wat vir jou krag gee nie.
  2. Erken aan die Here dat jy sy krag nodig het en maak seker dat jy tyd inruim vir gebed, waar jy spesifiek vir nuwe krag bid. Gebruik Paulus se riglyne.
  3. Versterk jou geloof deur ‘n lys te maak van die kere wanneer die Here jou deur moeilike tye gedra het en jy sy liefde ervaar het.
  4. Maak seker dat jy tyd saam met medegelowiges deurbring wat jou kan opbou. Wees eerlik teenoor hulle oor jou emosionele toestand.
  5. Alle eer vir alles wat ons doen, kom God toe, daarom is dankbaarheid en lofprysing so belangrik. Luister so veel as moontlik na geestelike musiek.
  6. Maak elke aand ‘n lysie van dinge waarvoor jy dankbaar was deur die dag.

As ons innerlik swak en uitgeput is, voel die pad na innerlike sterkte na ‘n opdraande pad, maar eintlik is dit ‘n afdraande pad. Dit is ‘n pad van nederig wees voor die Here en voor mense. Dit is om te erken dat jy swak is en om hulp te soek wanneer dit nodig raak. Dit is om heeltemal oor te gee aan jou Skepper en toe te laat dat Hy jou weer sal vul met sy Gees.

Ons gebed by Revive Our Hearts South Africa is dat jy die innerlike sterkte sal beleef wat die Here in sy Woord aan elkeen van sy kinders belowe.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Innerlike sterkte

Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ont...

More

Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://reviveourhearts.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid