Leesplan inligting

Innerlike sterkteVoorbeeld

Innerlike sterkte

DAG 3 VAN 5

Dag 3: Gevolge as ons innerlik swak word

Leeslys:

* Efesiërs 3:14-16

* Filippense 4:13

Toewyding:

As ons innerlik sterk is, kan ons baie dinge hanteer. Ons kan ander mense en ons kinders se eise hanteer soos wat ‘n springkasteel die gespring kan hanteer. Maar as ons begin verswak, gebeur daar ‘n paar dinge:

1. Ons kry maklik seer en maak ook ander seer — As jy agterkom dat jou verhoudings besig is om agteruit te gaan en daar seerkry en spanning is, is daar rooi ligte.

2. Ons raak emosioneel moeg en onstabiel — As jy agterkom dat jy huilerig is of meer kere “af” voel as waaraan jy gewoond is, moenie net aangaan op die afdraande pad nie. Bring veranderinge aan. Maak erns met jou stiltetyd en bid vir innerlike krag. Soek hulp waar nodig.

3. Ons twyfel baie meer — Ons twyfel of God bestaan. Ons twyfel oor ons huweliksmaat se liefde en vriendskappe en ons begin twyfel in onsself.

4.Ons raak selfgerig — As ons nie meer innerlik die krag het vir al die eise van die lewe nie, begin ons selfsugtig leef in ‘n poging om te oorleef.

5. Ons selfdissipline verswak — Dit lei tot foute en die neem van swak besluite. Ons verhouding met die Here ly daaronder.

6. Ons swig maklik voor versoekings en groepsdruk.

Die probleem is dat wanneer ons innerlik nie meer so sterk is nie, gebruik ons so maklik krukke of selfhelp-meganismes om ons staande te hou. Dit kan wees om harder te werk en besig te bly of ons soek versterking van buite, soos pille, drank, leuens, of selfs aandagsoekerige gedrag. Ons kan ook so maklik probeer ontvlug van die harde werklikheid en dan vasgevang raak in dinge soos koop, sosiale media, pornografie, eet, oormatige oefening of dergelike dinge.

As dit dalk voel asof jou of jou geliefde se lewe so lyk, wil ek jou herinner aan die gebed van Paulus aan die Efesiërs in Efesiërs 3:16: “Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word."

Erken dat jy nie jouself kan "opblaas" nie.Innerlike sterkte kom van God af en kan van Hom afgebid word.

Gebed:

Here, sal U deur die Heilige Gees en uit die rykdom van u heerlikheid aan my die krag gee om innerlik sterk te word. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Innerlike sterkte

Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ont...

More

Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://reviveourhearts.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid