Leesplan inligting

Innerlike sterkteVoorbeeld

Innerlike sterkte

DAG 2 VAN 5

Dag 2: Hoe lyk iemand wat innerlik sterk is?

Leeslys:

* Eksodus 33:7-9

* Eksodus 33:12-17

* Efesiërs 3:14-16

Toewyding:

Gister het ons innerlike sterkte vergelyk met ‘n springkasteel wat styf opgeblaas is of wat papperig is. Ons het gesê dat as ‘n springkasteel styf opgeblaas is, dit pret is en die kans vir seerkry soveel minder is. As ons daagliks ons krag by die Here kry, kan ons leef met ‘n innerlike sterkte soos Moses wat ‘n moeilike volk moes hanteer terwyl hy self in die woestyn was. Moses kon dit doen, want hy het sy krag by God gekry.

Hier is ‘n paar voorbeelde van hoe iemand se lewe lyk wat vol van die Heilige Gees is, iemand wat innerlik sterk is.

1. Is emosioneel stabiel — Om emosioneel stabiel te wees, beteken nie dat jy nie verskillende emosies gaan ervaar nie. Nee, dit beteken net dat die op en af emosies nie jou gedrag gaan oorheers nie. Dit beteken ook dat iemand wat emosioneel stabiel is nie hulle emosies onderdruk nie, maar dit eerder hanteer.

2. Het vaste, gevestigde waardes — Jou waardes bly jou waardes, al is die versoekings hoe baie. Nie groepsdruk of moegheid of honger of ongemak kan jou daarvan laat afwyk nie.

3. Word nie deur elke nuwe dwaalleer beïnvloed nie — Jy is standvastig omdat jy die Woord ken en alles daaraan toets.

4. Kan ”nee” sê — Jy probeer nie mense se guns wen nie, jy weet wat jou grense is.

5. Kan kritiek hanteer en sê: “Ek is jammer” — Jy is nie te fyngevoelig nie, want jy weet jy is ‘n mens met foute en is nederig genoeg om te erken as jy ‘n fout gemaak het. Jy is nie selfregverdigend nie en soek nie verskonings nie.

6. Het selfdissipline — Jou stiltetyd is 'n prioriteit.

7. Kan dissipline op ‘n mooi manier toepas — As jy innerlik sterk is, is jy nie afhanklik van jou kinders, of enige iemand anders se goedkeuring nie. Jy kan vermaan of straf uitdeel wanneer nodig, maar jy het ook die innerlike sterkte om jou eie woede te beheer en dissipline reg toe te pas.

8. Het HOOP — Jy weet God is in beheer.

Gebed:

Here, sal U deur die Heilige Gees en uit die rykdom van u heerlikheid aan my die krag gee om innerlik sterk te word. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Innerlike sterkte

Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ont...

More

Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://reviveourhearts.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid