Leesplan inligting

Innerlike sterkteVoorbeeld

Innerlike sterkte

DAG 1 VAN 5

Dag 1: Innerlike sterkte is nodig om staande te bly

Leeslys:

* Efesiërs 3:14-21

* Lukas 21:34–36

* 1 Tessalonisense 3:13

Toewyding:

Ons lees in Efesiërs 3:16 dat Paulus voor die Vader in aanbidding kniel en vir die gemeente in Efese bid. Hy begin sy gebed met dié woorde: “Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word.”

Paulus, wat self baie vir sy geloof moes deurmaak, het baie goed verstaan dat ons as mense God se innerlike krag nodig het om staande te bly in ‘n wêreld vol korrupsie en onreg.

Jesus het ons net voor sy dood ook gewaarsku dat ons in die laaste dae nie staande sal kan bly as ons nie gevul is met Goddelike krag nie.

Lukas 21:36: “Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.”

Dink aan ‘n springkasteel. ‘n Springkasteel moet baie styf opgeblaas wees om gebruik te kan word. As ‘n springkasteel papperig is, kan die kinders wat daarop spring maklik seerkry. Net so moet ons ook innerlik sterk wees om die aanslae van die lewe te kan hanteer. As ons nie innerlik sterk is nie, as ons moeg, moedeloos en hopeloos is, is ons soos ‘n pap springkasteel — ons kan maklik seerkry en ons kan ander maklik seermaak.

Hoe gaan dit geestelik met jou? Is jy innerlik sterk of voel jy bietjie papperig? Voel jy moedeloos, hopeloos of passieloos? Bid dan tot die Vader dat Hy jou sal vul met sy Gees sodat jy staande kan bly tot die einde toe.

Gebed:

Here, sal U deur die Heilige Gees en uit die rykdom van u heerlikheid aan my die krag gee om innerlik sterk te word. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Innerlike sterkte

Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ont...

More

Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://reviveourhearts.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid