Leesplan inligting

Innerlike sterkteVoorbeeld

Innerlike sterkte

DAG 4 VAN 5

Dag 4: Wat maak ons innerlik swak?

Leeslys:

* Filippense 4:12-13

* 2 Timoteus 1:6-9

Toepassing:

Innerlike sterkte is nie iets wat ons vanself het nie, dit is iets wat ons van God af kry. Hoe nader ons aan God leef, hoe meer ervaar ons hoe Hy ons krag gee om staande te bly in elke dag se omstandighede. Dit is belangrik om te besef dat daar ‘n verskil is tussen innerlike sterkte wat God vir sy kinders gee en sterkte uit eie krag.

As God se krag ons sterk maak, kan ons nederig wees, ons kan die minste wees en ons kan staande bly in versoekings. Ja, ons kan sag en sterk wees, maar as ons in ons eie krag probeer sterk wees, maak dit ons hard en ongenaakbaar. Dit maak dat ons soos ‘n springkasteel is wat nie vol lug is nie, maar vol sand.

Ons as Christene kan ons innerlike sterkte verloor as ons in sonde volhard. As ons nie wil vergewe nie, word ons hard en bitter en die krag van God kan nie in ons werk nie. Ons verloor ons innerlike sterkte as ons die Woord van God verwaarloos en nie meer bid nie. As ons hoogmoedig word en alles begin om onsself draai, mag ons dalk dink ons is sterk, maar dit is nie ‘n innerlike sterkte wat van God af kom nie en dit kan skade aanrig.

Dan is daar onverwerkte trauma wat ons kragteloos kan laat, wat spreekwoordelik ‘n gaatjie in ons springkasteel is waardeur die lug kan ontsnap. Ons vra nie vir traumatiese dinge om met ons te gebeur nie, maar dit gebeur wel. As ons nie betyds hulp kry nie kan ons lewens soos ‘n springkasteel inmekaar stort. Stop eerder die gaatjie betyds toe en verhoed so ‘n veel langer en moeiliker genesingsproses.

Gebed:

Dankie Here, dat ek tot alles in staat is deur U wat my krag gee. Dankie dat die Heilige Gees my immers nie lafhartig maak nie, maar my vul met krag en liefde en selfbeheersing. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Innerlike sterkte

Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ont...

More

Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://reviveourhearts.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid