Leesplan inligting

Oomblikke van hoopVoorbeeld

Oomblikke van hoop

DAG 7 VAN 7

Moenie vassit nie

As jy deur negatiewe gedagtes gyselaar gehou word, doen wat Paulus in 2 Korintiërs aanbeveel. Neem elke negatiewe gedagte gevange wat dreig om jou gedagtes oor te neem. Doen dit onmiddellik in die Naam van Christus. Gee daardie gedagte aan Hom oor en laat Hy dit hanteer. Gee alle afbrekende gedagtes vir God sodra jy daarvan bewus word. Wees op die uitkyk vir onwelkome gedagtes wat lei tot haat, bitterheid, wellus, sonder hoop en ander destruktiewe dinge. Sien hulle betyds raak en stop hulle het daar in die Naam van Christus.

Onthou dat geen versoeking wat te groot is vir jou oor jou pad sal kom nie (1 Korintiërs 10:13). God laat nie toe dat allerhande verleidings oor jou pad kom waarvoor jy nie kan nee sê nie. Elke versoeking waarvoor jy te staan kom, is reeds in die hemel beoordeel. Daarom kán jy nee sê. Jy kan elke versoeking in die Naam van Jesus weerstaan. Nie jy of enige ander kind van God het die verskoning om aan versoekings toe te gee nie.

Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN HOOP deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke van hoop

Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid