Leesplan inligting

Oomblikke van hoopVoorbeeld

Oomblikke van hoop

DAG 4 VAN 7

Moenie veilig speel nie

Luister ’n bietjie na die wense wat ons aan die begin van ’n nuwe jaar of met iemand se verjaarsdag vir mense sê. Dit is gewoonlik “veilige” wense. Dit gaan saam met woorde soos geluk, gesondheid en voorspoed. Dit is in die haak om te wens dat goeie dinge met iemand op hul lewensreis sal gebeur, maar is dit die enigste goeie dinge in die lewe? Is dit slegs in tye van voorspoed dat ons geloof groei? Gaan die lewe net oor groen weivelde en stille waters? Of is die donker kloof van Psalm 23 dalk een van God se gunsteling groei-plekke?

Wat van ’n groot uitdaging vandag? Erwin McManus teken graag sy boeke met: “Waag alles!” Is dit nie wat ons soms in ons geloof nodig het nie? Is geloof nie juis ’n voortdurende uitdaging nie? Is dit nie die heel grootste uitdaging om saam met die lewende God te stap nie? Geloof vra dat ons moed sal hê te midde van ongeloof, selfsugtigheid en teenstand. Soos Paulus in Romeine 8 sê: Geloof vra dat ons "hoop op wat ons nie sien nie" en dat ons "wag daarop met volharding". Dit daag jou uit om God te volg wanneer jy eerder in jou eie rigting wou gaan.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke van hoop

Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid