Leesplan inligting

Oomblikke van hoopVoorbeeld

Oomblikke van hoop

DAG 5 VAN 7

Net ’n waarnemer

Kry jy swaar onder die juk van die lewe se oneindige swaar laste? Is jy goeie vriende met wanhoop en vrees? As dit die geval is, moet jy iets daaraan doen. Verban daardie negatiewe emosies. Doen dit dadelik! Moenie vrees en wanhoop toelaat om in jou hart te kom woon nie. Moet ook nie toelaat dat ’n moeilike werksomgewing, eensaamheid of armoede jou vrede in Christus steel nie. Weier dat siekte of ander ellende jou van God se pad af wegtrek.

Jy moet iets spesiaals doen met hierdie deel van die lewe wat vir jou “geleen” is. Onthou dat jy net een lewe het. Gebruik dit wys! Leef elke deel daarvan tot eer van God. Gebruik vriendelike woorde wat God se genade oordra en aan die mense om jou hoop gee. Gebruik opbouende woorde wanneer jou kollegas negatiewe en depressiewe taal gebruik. Deel ’n vriendelike glimlag met iemand by die werk of stuur ’n bemoedigende boodskap aan ’n vriend of vriendin.

Moenie ’n passiewe waarnemer van die lewe wees nie. Leef God se boodskap uit met liefde en diensbaarheid. Maak ’n werklike verskil. God se sonstrale sal skielik weer skyn!

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke van hoop

Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid