Leesplan inligting

Oomblikke van hoopVoorbeeld

Oomblikke van hoop

DAG 3 VAN 7

Neem verantwoordelikheid

Ek hoor hoe jy sê jy het geen ander keuse as om ’n gejaagde lewe te lei nie. Daar moet kos op die tafel wees; jy moet die huis se paaiement betaal; jy moet kruideniersware koop; die kinders se skoolgeld is nog nie betaal nie … Ja, dit is dalk waar, maar intussen loop jy dalk God se doel met jou lewe mis omdat jy nie enige kwaliteit-tyd saam met Hom in jou lewe inwerk nie. Jou lewe is ’n dodelike gejaag om alles gedoen te kry.

Met flou verskonings om jou deurmekaar lewe te regverdig, dryf jy jouself net dag ná dag nader aan uitbranding en 'n verlies aan hoop. Dit lyk of jy steeds nie agtergekom het hoe jou hemelse Vader vir jou sorg nie. Besef jy ná al die jare nog steeds nie dat Hy presies weet wat jy nodig het nie (Matteus 6:25-33)?

Vertrou Hom van nou af om te voorsien wat Hy weet jy nodig het. Let wel, nie wat jý dínk jy nodig het nie, maar wat Hy besluit! Vind rus – die regte soort rus. Moenie weer en weer vasval in dieselfde ou slegte gewoontes deur vinniger te leef as wat jy eintlik moet nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke van hoop

Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid