Leesplan inligting

Oomblikke van hoopVoorbeeld

Oomblikke van hoop

DAG 1 VAN 7

Sy skouers is breed

Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Jy moet vandag nog iets daaraan doen. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-brigade. Verklaar dat jy van nou af nie negatiewe gevoelens en bekommernisse in jou hart gaan toelaat nie. As jy vir nog een dag gratis toegang aan hierdie gevoelens bied, gaan hulle uiteindelik jou geloof steel.

In die gelykenis van die saaier in Matteus 13, waarsku Jesus dat bekommernis ’n dief is wat geloof steel. Wees gewaarsku: Hoe meer jy jou bekommer, hoe swakker sal jou geloof word. Aan die ander kant weer: Hoe groter jou geloof in God is, hoe meer sal jy Hom vertrou. Sy skouers is breed genoeg om die hele wêreld se bekommernisse te dra. Hoekom sal Hy dan nie jóú sorge ook dra nie? Hy was bereid om sy Seun op te offer om vir jou te sterf. Waarom sal Hy dan nie oor elke detail van jou lewe omgee nie? Glo dit!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke van hoop

Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid