Leesplan inligting

Fokus op dankbaarheidVoorbeeld

Fokus op dankbaarheid

DAG 7 VAN 7

Leef ’n lewe van dankbaarheid (soos Hanna)

Ons leef in ’n tyd waarin mense glo dat hulle geregtig is daarop dat dit met hulle goed en voorspoedig sal gaan. Dis hulle reg dat alles wat mooi en goed is in hulle skoot sal val. Gebeur dit nie, is hulle ongelukkig, ontevrede en ontsteld. Die gevolg is dat ons samelewing een is wat groot ongelukkigheid beleef en vol ontevredenheid is.

Dit is so dat ’n positiewe gesindheid van dankbaarheid daartoe lei dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n Dankbare mens is ’n opgeruimde mens en trek ander mense aan. Ontevrede, eiegeregtige mense stoot ander mense egter weg.

Moenie goeie dinge wat met jou gebeur as vanselfsprekend aanvaar nie. Onthou die sondeval het die lewe op aarde baie moeilik kom maak. Daarom moet ons dankbaar wees vir die mooi en die goeie dinge. Pas op om iemand te wees wat die hele tyd ontevrede is oor dit wat jy nie kan kry nie en terselfdertyd die mooi en die goeie binne jou bereik nie waardeer nie. Kies vir ’n ingesteldheid van dankbaarheid.

Here, dankie vir so baie goeie en mooi dinge in my lewe. Ek wil vandag vir U kom sê ek is opreg dankbaar daarvoor. U is vir my goed, Here.

Hierdie oordenkings is geneem uit LEEF GEFOKUS deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fokus op dankbaarheid

’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid