Leesplan inligting

Fokus op dankbaarheidVoorbeeld

Fokus op dankbaarheid

DAG 4 VAN 7

Volg Jesus uit dankbaarheid (soos die blinde man)

Om die een of ander rede het baie mense totale wanpersepsies van Christenskap en wat dit beteken om Jesus te volg. Sommige mense dink dis die regte ding om Jesus te volg aangesien hulle dan gevrywaar is van probleme en die ellende van die wêreld. Verkeerd! Baie mense dink Jesus is soos een of ander soort versekeringspolis wat sorg dat dit altyd met jou goed gaan. Verkeerd! Baie volg Jesus ter wille van hulle eie image. Hulle dink dis die regte ding om te doen.

’n Blinde man het ’n diep behoefte: Hy wil so graag weer sien. Hy maak dan ook sy behoefte aan Jesus bekend. Jesus raak hom aan en hy kan sien. Sy hart is vol dankbaarheid en dis dan ook die rede hoekom hy Jesus volg. Nee, Hy volg nie omdat hy iets uit die deal kan kry nie. Hy volg net vir een rede: Hy is dankbaar en kan daarom nie anders as om Jesus te volg nie.

As jy werklik verstaan dat Jesus met jou sonde aan die kruis sterf, sal jy niks anders as dankbaar wees nie. As jy werklik verstaan dat volmaakte Jesus ’n mens word en as ’n sondaar in jou plek sterf, kan jy niks anders as dankbaar wees nie. Dis dan wanneer jy jou lewe totaal oorgee. Dis dan wanneer jy onvoorwaardelik – uit dankbaarheid – volg omdat jy nie anders kan of wil nie.

Here, dankie vir wat U aan die kruis vir my gedoen het. Dankie dat U as sondaar in my plek sterf. Ek kies om U te volg uit dankbaarheid.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Fokus op dankbaarheid

’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid