Leesplan inligting

Fokus op dankbaarheidVoorbeeld

Fokus op dankbaarheid

DAG 6 VAN 7

Is jy ondankbaar? (soos die Israeliete)

’n Mens vergeet baie gou en baie vinnig! Iemand kan die wonderlikste goed vir jou doen en aan jou doen. Dis egter gou vergete as so iemand een klein foutjie in jou oë begaan. Dan is jy kwaad, ontsteld, ongelukkig en onvergenoegd. Die baie goeie en spesiale dinge wat die persoon al voorheen vir jou gedoen het, is vergete. Dis asof ’n mens se geheue baie kort raak, of selfs uitgewis word in tye van swaar en sleg.

Die volk van Israel het vir baie lank geweldig swaargekry onder die farao. Die uitkoms en wegvlug moes rede vir een geweldige stuk dankbaarheid gewees het. Dis rede vir week lange celebrations, maar o wee, nie in die geval van die Israeliete nie. By die eerste hick-up raak hulle moedeloos en verlang terug na die dae van slawerny in Egipte. Skielik is elke greintjie dankbaarheid teenoor God by die agterdeur uit.

Hoe lank is jou geheue – veral in tye van swaar en sleg? Dink ’n bietjie aan honderde dinge waaroor jy dankbaar kan wees. Iemand wat eendag die moeite gedoen het om stil te sit en daaroor te dink, het uiteindelik ’n dik boek oor dankbaarheid geskryf. Is dit nie tyd dat jy opstaan uit jou neerslagtigheid nie? Is dit nie tyd dat jy ’n lofoffer en passievolle dankgebed na die Here bring nie? Doen dit sommer nou.

Here, dankie vir so baie wonderlike dinge wat U elke dag vir my doen en gee. Dankie vir u goedheid, genade en guns.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Fokus op dankbaarheid

’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid