Leesplan inligting

Fokus op dankbaarheidVoorbeeld

Fokus op dankbaarheid

DAG 1 VAN 7

Wees dankbaar (soos Noag)

Dis baie keer hartseer om TV te kyk of koerant te lees. Jy lees gereeld van mense wat wreed vermoor is, of jy sien mense wat uit hulle huise gesit word of baie arm is en swaarkry. Dis eers wanneer ’n mens met dié dinge gekonfronteer word dat jy besef daar is soveel in die lewe om voor dankbaar te wees.

Dalk is dit ’n goeie gedagte om net so tien minute opsy te sit, pen en papier te neem en ’n lysie te maak van alles waarvoor jy dankbaar kan wees. Dis tien minute wat dalk jou hele gesindheid van pessimisme kan verander. Dink byvoorbeeld aan dinge soos jou gesondheid, ’n bed om in te slaap, kos op die tafel en ’n warm bad of stort. Dis alles dinge wat duisende mense in Suid-Afrika nie het nie en as ’n luuksheid beskou.

Noag is deurentyd bewus van God se goedheid en sorg. Hy neem nie vir een oomblik dinge as vanselfsprekend aan nie. Hy is bewus dat God 24/7 vir hom en sy gesin sorg en die eerste ding toe hy uit die ark klim, is om vir God dankie te sê vir sy goedheid. Dis uit dankbaarheid vir die kruis dat ’n mens ook jou hele lewe aan God toewy en oorgee. Dan leef jy jou hele lewe vir Hom uit dankbaarheid.

Here, dankie vir so baie dinge wat ek as vanselfsprekend aanvaar. Ek is jammer dat ek u goedheid baie keer as my reg en as vanselfsprekend aanvaar.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Fokus op dankbaarheid

’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid