Leesplan inligting

Fokus op dankbaarheidVoorbeeld

Fokus op dankbaarheid

DAG 2 VAN 7

Wees dankbaar en vol lof (soos Sara)

Daar gebeur baie dinge in ’n mens se lewe. Sit ’n bietjie stil en dink net aan die laaste 24 uur en alles wat jy beleef het. Probeer dink aan die laaste week. Ek is oortuig dat daar baie goeie dinge met jou gebeur het. Dit is egter so dat een negatiewe ding gewoonlik tien positiewe dinge oorskadu. Kom ons gebruik ’n eenvoudige voorbeeld in ons sportmal-land. Die Springbokke kan tien wedstryde agtereenvolgens wen, maar o wee, laat hulle twee na mekaar verloor. Almal praat daarvan en eis die afrigter en spelers se koppe.

Dis belangrik om in vandag se lewe ’n ingesteldheid van dankbaarheid te hê. Daar is so baie negatiewe goed, hetsy polities, ekonomies of sommer net die land se toestand. Hierdie dinge oorskadu maklik die miljoene positiewe dinge waaroor ek en jy in ons eie lewens en land dankbaar kan wees. Dit hang egter af van jou ingesteldheid. Soek jy die mooi en die positiewe of soek jy redes om bitter en krities te wees?

Dink aan alles wat jy het om voor dankbaar te wees. Dink vir ’n slag aan minderbevoorregte mense wat in haglike omstandighede leef en nie kos het om te eet nie. Sara is ’n wonderlike voorbeeld van iemand wat God se goedheid onthou en erken. Sy leef ’n lewe van dankbaarheid en lof.

Here, ek loof U vir wie U is. Ek dank U vir soveel seën en guns wat U oor my uitstort. Dis onverdiend en ek is dankbaar, Here.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Fokus op dankbaarheid

’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid