Leesplan inligting

EEN DINGVoorbeeld

ONE THING

DAG 7 VAN 7

Ons het die afgelope week gekyk na wat dit beteken om na die EEN DING te soek. Ons leef in 'n mal, raserige wêreld vol afleidings. Dit is uiters belangrik om net op EEN DING te kan fokus. Iets só ver bo die belangrikheid van alle ander dinge dat dit die enigste ding word waarvoor ons lewe.


Die EEN DING is ons verhouding met Jesus Christus.


Ons het na die vyf sleutels gekyk om die EEN DING te vind:


— VRA


— NAJAAG


— WOON


— BELEWE


— NADINK


Laat ek jou aanmoedig terwyl ons hierdie oordenking afsluit. Maak hierdie Skrifgedeelte die uitroep van jou hart. Lees dit in talle weergawes. Memoriseer dit. Haal dit gereeld aan.


Omdat jou lewe deur hierdie gebed verander sal word.


"Net EEN DING het ek van die Here GEVRA,


en dit sal ek NAJAAG:


dat ek my hele lewe lank


in sy huis mag WOON


om sy goedheid te BELEWE


en daaroor NA TE DINK in sy tempel."


(Om na hierdie hele onderrig reeks te kyk, besoek asseblief ons webwerf, www.harvestchurch.org.au/onething)


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

ONE THING

Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan han...

More

Ons wil graag vir Harvest Church vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvestchurch.org.au/onething

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid