Leesplan inligting

EEN DINGVoorbeeld

ONE THING

DAG 3 VAN 7

Terwyl ons voortgaan om uit te vind wat die EEN DING is wat die belangrikste is, kom ons by ons volgende komponent uit Psalm 27:4 — NAJAAG.


Een ding SAL EK NAJAAG.


Direk nadat Jesus sy dissipels geleer het hoe om te bid, interesseer Hy hulle met 'n storie van 'n man wat iets van 'n buurman nodig het en nie sal ophou klop totdat hy ingee nie. Die een wat soek, vind. Die rede waarom hy toegang verkry, is as gevolg van sy astrantheid, sy vrymoedigheid.


Ons almal jaag iets na, maar wat soek ons regtig?


Ons soek dikwels ons eie gewin, of begeertes. Sommige hiervan kan goed wees en sommige kan selfsugtig wees, maar niks kan vergelyk met die soeke na die EEN DING nie.


Psalm 14:2 sê dat God na ons kyk om te sien of enigiemand bereid is om Hom na te jaag: "Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra."


Die beste manier om God na te jaag, is om Hom in sy Woord te vind. As jy op soek is na antwoorde, wysheid, leiding, rigting of geloof — dit word alles in die Bybel gevind.


Terwyl ons hierdie woorde lees, word dit meer as net woorde op 'n bladsy. Hulle is die lewende woorde van 'n Heilige God wat ons roep om Hom na te jaag. Die beste manier om God na te jaag, is om tyd saam met Hom deur te bring. Elke keer as ons die boek oopmaak, bestee ons tyd saam met die skrywer.


Wanneer dit by die lees van die Woord kom, is hier 'n paar wenke wat jou kan help:


  1. Bid eers — vra God om Homself aan jou te openbaar in die woorde wat jy lees
  2. Wees georden — lees en studeer elke dag op dieselfde tyd
  3. Wees spontaan — vind ekstra oomblikke om die Woord oop te maak
  4. Bestee 'n bietjie meer tyd — hoe meer jy tyd saam met God in sy Woord deurbring, hoe meer wíl jy
  5. Joernaal — skryf sleutelgedagtes en gebede neer van daardie dag se Skrifgedeelte
  6. Mediteer — laat die Woord deur die loop van die dag in jou insypel
  7. Gebruik 'n reeks Bybelstudie instrumente — dit sal help om die waarheid van God se Woord oop te breek

As jy Hom waarlik wil najaag, sal Hy gevind word (sien Jeremia 29:13).


"Soek nie 'n ervaring nie, maar soek Hom, soek om Hom te ken, soek om sy teenwoordigheid te beleef, soek om Hom lief te hê. Soek om in jouself en alles anders te sterf, sodat jy geheel en al in Hom en vir Hom kan lewe en jouself geheel en al aan Hom oorgee. As Hy die middelpunt is, sal jy veilig wees." - David Martyn Lloyd-Jones


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

ONE THING

Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan han...

More

Ons wil graag vir Harvest Church vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvestchurch.org.au/onething

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid