Leesplan inligting

EEN DINGVoorbeeld

ONE THING

DAG 4 VAN 7

Terwyl ons voortgaan om die EEN DING na te jaag, kyk ons na die dinge wat help om ons fokus op 'n enkele dinge te hou.


Die volgende komponent wat ons in Psalm 27:4 kry, is die woord WOON:


" ... dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon ..."


Om in sy teenwoordigheid te bly, is 'n waardevolle hulpbron, maar hoe dikwels staan ons tyd daaraan af om net in Hom te bly?


Die woord "woon" het 'n paar unieke betekenisse. Die eerste is letterlik om te gaan sit. Dit beteken om op te hou met wat jy doen — al die aktiwiteit — en te gaan sit om jouself stil te kry.


Dit dra nie net die betekenis van verposing en stop nie, maar ook van om agter te bly. Ek hou van die verhaal van Josua in Eksodus 33:11: "Die Here het direk met Moses daar gepraat soos 'n man met sy vriend. Daarna is Moses terug kamp toe, maar sy assistent, die jongman Josua seun van Nun, het nie die tent van ontmoeting verlaat nie." Josua het agter gebly.


Woon beteken ook om te wag, te rus en jou gemaklik te maak, om 'n plek jou tuiste te maak. Psalm 27:4 sê: " ... dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon ... "


Koning Dawid se begeerte was om die huis van die Here sy tuiste te maak.


Wat is ons begeerte? Is dit om 'n tuiste by Christus te maak?


As gelowiges het ons steeds keuses om te maak met betrekking tot die prioriteit van ons lewens. Maar die waarheid bly staan: hoe meer ons God, sy huis en die Woord van God 'n prioriteit maak, hoe minder geleentheid is daar vir boosheid en sonde om pos te vat.


Charles Spurgeon sê: "Ons weet van geen beter genesing vir die liefde vir boosheid in 'n Christen as oorvloedige interaksie met die Here Jesus nie. Woon by Hom, en dit sal onmoontlik vir julle wees om vrede te hê met sonde."


‌ Begin vandag om jou tyd saam met Hom 'n prioriteit te maak sodat jy in sy teenwoordigheid kan woon.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

ONE THING

Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan han...

More

Ons wil graag vir Harvest Church vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvestchurch.org.au/onething

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid