Leesplan inligting

EEN DINGVoorbeeld

ONE THING

DAG 5 VAN 7

Psalm 27:4 skets vir ons die optrede en versoeke van koning Dawid teenoor die Here. Een van hierdie voordele wat hy najaag, is om die goedheid van die Here te BELEWE.


Ek het een keer saam met my gesin na die Australiese Nasionale Museum gegaan. Ons het baie uitstallings en vertonings, skilderye en kunswerke gesien, maar daar was eintlik net een wat ek wou sien. Dit was Waterlelies deur Claude Monet. Ek het myself die tyd gegun om so 10-15 minute alleen voor daardie skildery te sit. En net te staar en dit te beleef. Dit is voorwaar 'n pragtige kunswerk.


Hoeveel mooier is die Here egter nie!


Ons weet dit, maar dikwels laat ons toe dat dinge ons visie vertroebel en ons uitsig versper. Ons sal ook soms net die fisiese sien in plaas daarvan om met die oog van geloof te sien. Abraham en Lot het 'n soortgelyke ervaring gehad.


Lot het met sy natuurlike oog iets gesien wat aangenaam gelyk het, en daardie deel van die vallei gekies. Maar Abraham het verder gesien. Hy het met geloof gesien wat hy nie in die fisiese kon sien nie.


My natuurlike visie begin verswak. Soos ek ouer word, word my sig slegter. Vir my om duidelik te kan sien, moet ek 'n lens oor my oog aanwend. Daar is bysiende lense en versiende lense. Dieselfde geld vir ons geestelike visie.


Ons moet die regte lense aanwend om duidelike sig te hê.


VYF LENSE waarmee ons ons visie kan aanpas:


WAARHEID — Die lens van die Skrif


Hoe meer ons lees, hoe meer sal ons sien. "Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek nie teen U sal sondig nie" (Psalm 119:11 AFR 53).


TEENWOORDIGHEID — Die lens van aanbidding


‌Hoe meer ons loof, hoe meer gaan ons oë oop vir sy heerlikheid. Ons is geskep om God te aanbid. Ons lewe vloei daaruit.


GEBED — Die lens van verhouding


‌Wanneer jy naby aan iemand is, het jy 'n ander perspektief as iemand wat nog net van hulle gehoor het. Verhoudings, veral met ons hemelse Vader, word gevorm deur Hom 'n prioriteit te maak.


PRIORITEIT — Die lens van tyd


‌Die manier waarop jy jou tyd bestee, weerspieël jou prioriteite. Wil jy stop en die goedheid van die Here BELEWE?


GELOOF — Die lens van vertroue


‌Dit kom alles neer op hoe jy God beskou. Vertrou ons Hom volkome?


Hierdie vyf lense help ons om die skoonheid van die Here te sien en te BELEWE. Weg van afleiding. Om die EEN DING die belangrikste ding te kan maak.


Charles Spurgeon sê: "Ek hou daarvan om soms op te hou bid, en stil te sit en net na bo te staar totdat my diepste siel my Here gesien het."


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

ONE THING

Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan han...

More

Ons wil graag vir Harvest Church vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvestchurch.org.au/onething

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid