Leesplan inligting

EEN DINGVoorbeeld

ONE THING

DAG 1 VAN 7

Ek weet nie van jou nie, maar ek is maklik afleibaar. Daar is baie aan die gang. Het jy al ooit jou foon opgetel om dalk jou leesplan te lees, maar in plaas daarvan sien jy 'n kennisgewing dat iemand wat jy nie ken nie op jou Instagram-plasing kommentaar gelewer het, en dan het jy skielik die afgelope 47 minute na ander se plasings gekyk? En jy het vergeet om by jou leesplan uit te kom? Ek het!


Ons mense se aandag word deesdae meer as ooit afgelei. Statistiek bewys dat die gemiddelde aandagspan oor die afgelope 20 jaar met 50% afgeneem het. Dis verstommend.


AW Tozer sê dit in sy boek, The Set of the Sail:


"Onder die vyande van toewyding is niks so skadelik soos afleidings nie. Wat ook al die nuuskierigheid prikkel, sal die gedagtes verstrooi, die hart ontstel, die belangstellings absorbeer of ons lewensfokus verskuif van die koninkryk van God binne-in ons na die wêreld om ons — dit is 'n afleiding; en die wêreld is vol daarvan. Ons wetenskap-gebaseerde beskawing het aan ons baie voordele besorg, maar dit het ons afleidings vermenigvuldig en dus baie meer weggeneem as wat dit gegee het ...


Die teenmiddel vir afleidings is nou dieselfde as in vroeër, eenvoudiger tye, naamlik gebed, meditasie en die koestering van die innerlike. Die psalmis het gesê: 'Wees stil en weet,' en Christus het vir ons gesê: 'Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie.' Dit werk steeds ...


Afleidings moet oorwin word — anders sal dit ons oorwin. Laat ons dus eenvoud koester; laat ons minder dinge wil hê; laat ons in die Gees wandel; laat ons ons gedagtes met die Woord van God vul en ons harte met lof. So kan ons in vrede lewe — selfs in 'n verbysterde wêreld soos hierdie. 'Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle.' "


Hoe moet ons dan lewe?


Die antwoord is in Psalm 27:4.


Ons moet weer fokus op die EEN DING. Die EEN DING wat die belangrikste is.


Wanneer Marta by Jesus kla dat Maria nie help nie, is sy verbouereerd, afgelei en gefrustreerd. Maar Jesus beklemtoon net dat Maria eenvoudig gekies het om op die EEN DING te fokus.


WAT IS JOU EEN DING?


Oor die volgende paar dae sal ons vyf sleutel elemente verken om ons te help om die EEN DING te herontdek.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

ONE THING

Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan han...

More

Ons wil graag vir Harvest Church vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvestchurch.org.au/onething

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid