Leesplan inligting

Spreuke: Die Waarde Van WysheidVoorbeeld

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

DAG 8 VAN 8

Vriende wat jou vorm

Die mense waarmee jy jou omring, het so ’n groot impak op jou menswees en daarom moet jy hulle versigtig kies. Spreuke is baie ernstig oor die rol wat vriende in mekaar se lewe speel. Dit staan veral uit in Spreuke 27:17. Saam met dié vers gaan ons vandag kyk na ’n paar eienskappe waaroor goeie vriende moet beskik.

Vriende het ’n groot invloed op mekaar se gedrag. Daar is soveel dinge wat ontsettend maklik beïnvloed kan word deur die vriende om ons: Hoe ons praat, waaraan ons dink, waarop ons fokus, wat ons najaag, waaraan ons waarde heg en selfs hoe ons ander mense behandel. Dit is hoekom dit so belangrik is watter vriende ons kies. Spreuke het juis hieroor ook baie om vir ons te leer.

Spreuke 18:24 sê vriende sonder lojaliteit is glad nie vriende nie. Wysheid sê dat ’n vriendskap iets is wat prioriteit geniet bo omstandighede en gemak. Ons moet daar wees wanneer dit nodig is, al kos dit ons iets.

Spreuke gaan ook verder en sê vriende het liefde vir mekaar (Spreuke 17:17). Goeie vriende gee om vir mekaar. Hulle staan op vir mekaar en respekteer mekaar, hulle deel die goeie én die slegte tye met mekaar – dit is liefde.

Opregtheid is nog ’n eienskap van ’n goeie vriend (Spreuke 27:6). Iemand wat oneerlik is, sal nie net so teenoor jou en ander optree nie, maar jou ook leer om so op te tree. Opregtheid is egter meer as net eerlikheid. Dit behels om soms die nodige woorde vir ’n vriend te sê – selfs al is dit onaangenaam. Soms is dit nodig om aangepraat te word deur iemand wat werklik omgee. Dit is juis hier waar vriende mekaar slyp. Die slypproses is nie lekker nie, maar dit is waar ek as mens gevorm word. Sonder sulke vriende is dit baie maklik om vir jouself te jok oor jou foute.

Beter gesprekke is ook kenmerkend van goeie vriende. Skinder en negatiewe praatjies is volop. Ons het juis vriende nodig wat ons help om weg te draai hiervan en ons opbou. Spreuke 11:9 sê juis dat ’n gelowige ander met sy woorde help. Ons het vriende nodig wat ons help sien waar God besig is en waar ons ’n verskil kan maak.

Dit is die soort vriende wat ons nie net moet soek nie, maar ook moet wees. Met sulke vriende sal ons wysheid en karakter ontwikkel en sal ons meer van God in onsself kan raaksien.

Baie geluk, jy het die leesplan voltooi! Om tot meer video-Bybelstudies vir jou hele kerk of organisasie toegang te kry, kliek hier .

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://app.rightnowmedia.org/en/content/details/768019

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid