Leesplan inligting

Spreuke: Die Waarde Van WysheidVoorbeeld

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

DAG 6 VAN 8

God is saam met jou by die werk

Ons werk is onlosmaaklik deel van wie ons is – of ons nou daarvan hou of nie. Dit is ook onmoontlik om ons werk te skei van ons verhouding met God. Hy is saam met ons wanneer ons by die werk is en Hy werk elke oomblik in ons en deur ons.

Spreuke is ’n boek vir daar waar jy werk. Daar waar jy elke dag besig is. Die wysheid daarin is nie slegs bedoel vir die godsdienstige terrein van ons lewe nie; dit is vir elke deel van ons lewe – ook ons werk. Aangesien ons ongeveer die helfte van ons lewe by die werk deurbring, is dit die moeite werd om seker te maak ons doen dit reg.

Die boek Spreuke het ’n merkwaardige slot. ’n Beeld van ’n merkwaardige vrou wat aan haar werk geken word. Sy is ’n voorbeeld van sewe redes waarom ons werk so belangrik is. Ons gaan in die volgende twee dae na hierdie redes kyk.

Eerstens is daar ’n verband tussen die Spreuke 31-vrou se werk en die waarde wat sy toevoeg tot die lewens van die mense om haar (Spreuke 31:10-12). Dit gaan nie oor wát sy doen nie, maar hoe goed en met hoeveel toewyding sy dit doen. Die beginsel is ook waar vir ons: Jy voeg waarde toe tot dit wat jy doen wanneer jy dit met toewyding doen. Dit maak jou iemand op wie ander kan steun.

Ons werk ontwikkel vaardighede (Spreuke 31:13) wat noodsaaklik is in vandag se ekonomie. Vandag word daar ook fokus geplaas op vaardighede in die werkplek, nie meer net op geleerdheid nie. Vaardighede – deur mense wat bereid is om hard te werk en te ontwikkel – sal jou laat uitstaan in jou werkplek. Dié vaardighede hou dikwels voordele vir jou hele lewe in, nie net jou werk nie.

Ons werk stel ons in staat om vir onsself en ons gesinne te voorsien (Spreuke 31:14-15, 21, 27). Natuurlik is daar situasies van mense wie se werk nie in al hul behoeftes kan voorsien nie, maar hier fokus ons op die geleentheid wat werk vir jou gee om nuwe geleenthede te kry waar jy aan die goddelike opdrag kan voldoen om op ’n eerbare manier te voorsien (1 Timoteus 5:8).

Ons kyk môre na die laaste vier dinge wat ons by die Spreuke 31-vrou leer oor hoe ons ons werk kan sien as iets wat werklik waardevol vir onsself en ander is.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://app.rightnowmedia.org/en/content/details/768019

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid