Leesplan inligting

Spreuke: Die Waarde Van WysheidVoorbeeld

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

DAG 7 VAN 8

Nog oor Spreuke 31

Ons kyk vandag verder na wat ons by die Spreuke 31-vrou kan leer oor hoekom ons werk meer as net ’n blote verpligting is.

Harde werk skep vir ons die geleentheid om dit wat ons het, te vermeerder sodat ons meer het om ander mee te seën (Spreuke 31:16). Ons moet bereid wees om meer as net die minimum te doen sodat ons kan uitstyg en groei (Efesiërs 6:7).

Die vrou wat in Spreuke 31 beskryf word, openbaar vrygewigheid, wat die wêreld kan verander (Spreuke 31:20). Hierdie vrou werk nie net vir haarself nie, sy het ’n impak op die wêreld om haar – en haar werk stel haar in staat om dit te kan doen.

Dit is jou karakter wat vir jou die wysheid gee om hard, met bereidheid en effektief te werk (Spreuke 31:25-26). Dit is maklik om te dink dié vrou kry so baie gedoen omdat sy so slim is. Maar die verband wat Spreuke trek, werk in albei rigtings: Dit is juis haar harde werk wat haar wys maak en haar karakter bou. As jy wysheid wil hê, moet jy hard daarvoor werk.

Die laaste punt is dat jou werk ook jou reputasie sal beïnvloed (Spreuke 31:31). Jy sal geken word aan jou werk en jou goeie (of slegte) naam sal jou vooruitgaan. Werksetiek is óf ’n massiewe voordeel in die lewe óf ’n verlammende struikelblok. Hierdie is ook die nalatenskap wat jy vir jou kinders kan gee: Hulle gaan by jou leer om te werk (of nie te werk nie).

Werk is baie meer as net ’n manier om kos op die tafel te sit. Die karakter en toewyding waarmee ons werk, help ons om ’n waardevolle en betekenisvolle lewe te bou en te lei – ’n lewe wat waarlik ’n verskil kan maak.

By die werk is jy net soveel in God se teenwoordigheid as Sondag by die kerk – of selfs meer. God wil jou help groei in jou werk en jou help groei in die impak wat jy op ander mense het, deur die manier waarop jy jou werk doen en jou gesindheid daaroor. Jy word dalk in diens geneem deur iemand anders, maar dit is God vir wie jy jou werk doen. Laat ander mense sien dat jou God by jou is!

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://app.rightnowmedia.org/en/content/details/768019

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid