Leesplan inligting

Spreuke: Die Waarde Van WysheidVoorbeeld

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

DAG 3 VAN 8

Die krag van woorde

Die God wat gespreek het en die heelal so tot stand gebring het, het baie te sê oor ons woorde. Amper ’n kwart van die boek Spreuke fokus op ons woorde en hoe ons praat.

Die woorde wat ons gebruik, het die potensiaal om ’n impak te hê op die wêreld waarin ons leef. Woorde bou mense op en woorde breek mense af. Dit dra iets oor van liefde en dit verbreek verhoudings. Woorde kan ’n toekoms inspireer of dit kan een vernietig. Die groot vraag bly dus: Wat gaan ek vandag met my woorde doen?

Woorde het die mag om dinge gedoen te kry. Die eerste paar bladsye van die Bybel gee vir ons ’n uiteensetting van hoe God die kosmiese wonder van die oneindige heelal letterlik uitgespreek het. Met sy woorde het Hy alles geskep wat bestaan! Daar is krag in woorde. Dit is nie net leë geluide nie. Dit maak dat dinge gebeur. Ons woorde het ook van hierdie krag. Ons sien dit elke dag: Wanneer jy iemand opbeur met woorde wat hulle ondersteun, kan jy hulle lewe verander. Met ’n paar woorde kan mense oorlog verklaar en die effek daarvan is oral sigbaar.

Spreuke 16:27 en Jakobus 3:6 kyk beide na die beeld van woorde as vuur. Ons moet besef dat met dieselfde vuur waarmee ons die wêreld afbrand, ons kan warm maak of kos gee.

Spreuke 26:18-19 en 12:18 verwys weer na woorde as “dodelike wapens”. Met dieselfde wapens waarmee ons kan seermaak, kan ons beskerm. Ander wapens laat merke op ons lyf of kan ons selfs doodmaak. Woorde laat letsels op iemand se hart en kan iemand se siel en hoop doodmaak.

Die woorde wat ons gebruik, vind hul pad tot in die hart van die mense om ons. Daar kan hulle bevestig wat die wêreld leer oor wat belangrik is en wie hulle is óf dit kan vir hulle bevestig wat God leer oor wat belangrik is en wat Hy sê hulle werd is. Jou woorde kan lewenslank ’n effek op iemand hê.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://app.rightnowmedia.org/en/content/details/768019

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid