Leesplan inligting

Spreuke: Die Waarde Van WysheidVoorbeeld

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

DAG 4 VAN 8

Jou woorde reflekteer jou karakter

Die woorde wat jy sê, spreek boekdele oor jou karakter (Spreuke 10:11, 20). Dit is nie vergesog om te sê dat mense ons siel kan sien elke keer wanneer ons ons monde oopmaak nie. Gelukkig kan ons, met God se bystand en krag, altyd aanhou probeer om beter te vaar wanneer dit kom by die woorde wat ons kies om te sê. Spreuke help ons hiermee op drie spesifieke maniere:

Ek kan beter doen: Spreuke leer ons dat ons nie ’n slagoffer van ons woorde is nie. Ek kan kies om beter te praat. God gee vir ons die verantwoordelikheid om ons woorde reg te gebruik. Spreuke 10:19 sê dat ons soms ons woorde moet tel. Dit is nie maklik nie, maar dit is ’n dissipline wat ’n kind van God móét bemeester. In Psalm 141:3 belowe God dat sy Heilige Gees ons hiermee sal help.

Praat minder: Spreuke 17:27-28 sê iemand met kennis praat nie baie nie. Dit wys ons dat ons moet luister en kies om nie vinnig te reageer nie sodat ons met meer wysheid kan optree. Om meer na ander te luister, is altyd goed vir ál ons verhoudings.

Die wyse gebruik van woorde begin in ons hart: Spreuke leer ook vir ons dat wyse woorde in die hart begin. Dit is onmoontlik om mooi woorde uit ’n lelike hart voort te bring; in die eerste plek moet jy seker maak jou hart is skoon voordat jy kan verwag dat jou woorde wys moet wees. As jy agterkom dat woorde van woede en haat baie vinnig uit jou mond kom, is dit ’n teken dat daar iets in jou hart is wat jy vir God moet oorgee. Wat is daar in jou binneste wat hierdie reaksies veroorsaak? Om jou woorde gesond te maak, moet jy jou hart gesond maak.

Ons woorde dra baie meer krag as wat ons besef. Hulle het amper ’n lewe van hulle eie. Hulle gaan ons soms vooruit en hulle bly voortleef in die harte van ander mense wanneer ons lankal nie meer daar is nie. Kom ons gryp elke geleentheid aan wat ons vandag kry om woorde te sê wat versterk en bemoedig.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://app.rightnowmedia.org/en/content/details/768019

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid