Leesplan inligting

Toemaar, Jesus is daar.Voorbeeld

Toemaar, Jesus is daar.

DAG 7 VAN 7

Dag 7.

Ek is oud. Wat nou?

"Ouderdom is ‘n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe" (Spreuke 16:31).

Die AFR 53 vertaling praat van grysheid as ‘n “sierlike kroon” en die AMP vertaling sê: “The silver-haired head is a crown of splendor and glory...” Die Romeine van die Bybelse tyd het baie respek getoon aan diegene in die familie wat al grys geword het. Groter eer was aan hulle bewys as dié wat rykdom gehad het. Diegene wat aan God vashou en wat ‘n skoon en eerbare lewe lei, sal hulle grys hare dra soos ‘n pragtige sierlike kroon, is die boodskap van hierdie vers.

Maar tog is die ouderdom nie vir almal ewe maklik nie. Dalk gaan jy gebuk onder armoede, baie siektes en pyn. Dalk is jy van daardie mense wat al as ‘n pensionaris beskou word, maar in jou hart en wese voel jy nog so jonk en wil jy nog berge verskuif!! Toemaar, Jesus is daar vir jou op die plek waar jy nou is.

“Wysheid kom in die gryse ouderdom en insig na baie jare” sê Job 12:12. Dis juis die oues wie se taak dit is om die jonges te help, te vermaan, en aan te moedig om sodoende te keer dat ‘n hele geslag tot niet gaan. Dis die jonges wat moet leer om te luister!

Jou taak is om vir die jongmense van Jesus se wonderdade te vertel (Psalm 78:4). Moenie daarvoor skrik of terugdeins nie. Laat jou hart en wese daarna streef om ons jongmense te help om nie deur die gemak en klatergoud van die wêreld verlei te word nie. Hulle het die wysheid van die ouderdom nodig om vir hulle die pad na God se hemelse woning te wys. Spreuke 17:6 laat my altyd glimlag: “Kleinkinders is vir oumense ‘n trots; vaders is vir hulle seuns ‘n sieraad.”

“Selfs al word jy oud, sal Ek nog daar wees. Ek sal vir jou sorg tot jy grys is. Ek het julle gemaak. Ek sal vir julle sorg. Ek sal julle dra en julle versorg” (Jesaja 46:4 DB).

Gebed:

My Hemelvader, baie dankie dat ek hier in my oudag die versekering het dat U nog steeds vir my sorg. Dankie dat U my vashou. Ag Here, gee my die wysheid om vir elke jongmens wat my pad kruis, te vertel dat U die Een is by wie ons vir altyd en altyd sal kan woon in U hemelse koninkryk. Amen.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Toemaar, Jesus is daar.

Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid