Leesplan inligting

Toemaar, Jesus is daar.Voorbeeld

Toemaar, Jesus is daar.

DAG 6 VAN 7

Dag 6.

God praat met die ouers

"Vir die pa’s wil ek dit sê: moenie julle kinders so behandel dat hulle nie meer na julle wil luister en rebels raak nie. Maak hulle liewer groot soos die Here van julle verwag. Leer hulle wat om te doen en help hulle op die regte pad, al moet julle soms streng optree" (Efesiërs 6:4 DB).

Maak jy maklik jou kinders groot? Of sukkel jy met dissipline? Wat is die resep om jou kind so groot te maak dat jy nooit hoef te raas of baklei nie?

Deesdae is ouers byna te bang om streng met hul kinders te wees. Praat jy te hard, dan ontneem jy blykbaar jou kind se regte as mens. Daar is so ‘n fyn lyn, nè? Natuurlik wil jy nie jou kind mishandel nie. Wanneer is dit mishandeling, of wanneer is jy besig om hul te tugtig? As jy jou kind liefhet, wil jy hom mos grootmaak sodat hy in die samelewing aanvaarbaar sal wees. Die meeste ouers wil regtig net die beste vir hul kinders hê.

Spreuke 22:6 DB sê: “Leer ‘n kind vroeg hoe om te leef en hy sal tot sy oudag toe reg leef.” Kyk hoe verduidelik die AMP vertaling ons teksvers vir ons: “Fathers, do not provoke your children to anger [do not exasperate them to the point of resentment with demands that are trivial or unreasonable or humiliating or abusive; nor by showing favoritism or indifference to any of them], but bring them up [tenderly, with lovingkindness] in the discipline and instruction of the Lord” (Efesiërs 6:4 AMP).

Dis ‘n mondvol. Moenie jou kind verneder nie. Moenie so optree dat jou kind gedurig moedeloos voel en dink hy kan jou nie tevrede stel nie. Moenie die een kind bo die ander bevoordeel nie. Leef jou liefde vir hulle uit in jou manier hoe julle as ouers met mekaar praat, hoe julle God aanbid, en behandel jou kinders met respek. As jy die voorbeeld kan stel, sal dit vir jou kinders makliker wees om ‘n verhouding met Jesus te bou.

Om ouers te wees is so ‘n groot geskenk van God. In sy genade het Hy presies jóú kinders vir jou gegee. Sê vir Hom dankie vir hierdie groot voorreg en wees liefdevol en teer wanneer jy jou kind dissiplineer.

Onthou, Jesus is net ‘n uitroep ver.

Gebed:

My Hemelvader, dis so ‘n groot verantwoordelikheid om ‘n ouer te wees. Help my asseblief om my kinders van U te leer. Help my om hulle so te dissiplineer dat ek hulle nie skade berokken nie, maar dat ek hulle kan help om voorbereid te wees op die eise wat die lewe stel. Dankie dat U altyd naby ons is. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Toemaar, Jesus is daar.

Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid