Leesplan inligting

Toemaar, Jesus is daar.Voorbeeld

Toemaar, Jesus is daar.

DAG 1 VAN 7

Dag 1:

Wat sê die Bybel oor babas

"Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: 'Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit'” (Genesis 1:28).

God se opdrag aan Adam en Eva was om vrugbaar te wees en die aarde te bewoon en te bewerk. Alhoewel die mens egter op dieselfde dag as die diere gemaak is, het God die mens geseën met die vermoë om Hom te dien en om oor die diereryk te heers. Met ander woorde, God het die mens hoër as die diere geag. So spesiaal is jy vir Hom!

Daarom kan ons weet Hy wil 'n verhouding met ons hê. Hy wil graag hê ons moet Hom opsoek en Hom vertel van al die dinge wat ons lewe raak. Onthou, jy is geskape as God se beeld. Hy het sy asem in jou ingeblaas. Natuurlik is daar ‘n baie spesiale band tussen jou en God. Hy het jou dan geken nog voordat jy in jou moederskoot gevorm is (Jeremia 1:5-10).

En nou is jy met ‘n baba geseën! Mag jy van vreugde opspring en dans! Ja, ek weet: die min slaap en tye wat jy nie weet wat fout is nie as jou babatjie aanmekaar huil, is baie baie erg. Fokus egter op die feit dat hierdie fase verby sal gaan. Vra hulp by mense wat jy kan vertrou. Vra God om jou elke dag vol te maak met krag en vreugde sodat jy hierdie bondeltjie wat Hy aan jou toevertrou het, na sy wil sal kan grootmaak.

Miskien is jy iemand wat nie jou eie babatjie kan hê nie. Weet dat God nog steeds deur jou sy almag aan ander wil wys. Mag Johannes 16:33 jou troos: “Dit sê ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My (Dis jou Jesus wat hier praat). In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Sien jy. Jesus is klaar daar.

Gebruik saam met Dawid ‘n simfonie-klank om aan God lof te bring. Psalm 8:4-5 DB: “As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om? En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik.”

En onthou: God weet van jou. Fokus jy net op sy groot krag.

Gebed:

Dankie my Hemelvader dat U my seën met hierdie baba. Mag my kleintjie ook eendag vir U lief wees. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Toemaar, Jesus is daar.

Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid