Leesplan inligting

Toemaar, Jesus is daar.Voorbeeld

Toemaar, Jesus is daar.

DAG 4 VAN 7

Dag 4.

Daar is ‘n tiener in my huis

"Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie" (Kolossense 3:21).

Hierdie vers sluit aan by die een in Efesiërs 6:4 waar daar staan: “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.”

Baie mense sal vir jou sê dat dit geen maklike taak is om ‘n tiener in jou huis te hê nie. Dit voel mos vir jou of hulle alles skielik bevraagteken wat jy sê. Hulle raak gou opstandig oor jou reëls. Dinge wat eens reg was, is sommer op ‘n dag vir hulle verkeerd.

Ek en jy moet onthou dat behalwe vir die skommeling in die hormoonvlakke in jou kind se lyf, is hierdie ‘n wonderlike fase waarin hy/sy hul eie identiteit ontdek. Hulle eksperimenteer met verskillende idees en sieninge. Hulle is meer oop vir wat op sosiale media aangaan en groepsdruk is nou ‘n groot ding in hul lewens. Daarom moet jy as ouer seker maak jy tree nie so op dat jy jou kind vernederd laat voel of moedeloos maak nie. Waak daarteen om gedurig fout te vind en soek doelbewus na dinge wat positief is. Help jou kind om ‘n stokperdjie of sport aktiwiteit te beoefen wat hy geniet en waar jy hom/haar kan ondersteun.

Wat kan jy as ouer doen om veilig saam met jou kind deur hierdie stormwaters te kom? Leer jou kind van Jesus. Bid gedurig vir jou kind, maar help hom om ook saam met jou te bid. Maak seker dat jy maklik en geredelik toeganklik vir al hul vrae is. Luister na jou kind se behoeftes en vrese. Maak seker julle kommunikasiekanale is oop. Ons besige lewens gee gou vir ons kinders die boodskap: “Jy is nie meer vir my belangrik nie!” Ag, oorlaai juis nou jou kind met liefde. Nie liefde met geskenke nie, maar liefde met dade en woorde; spesiale een-tot-een-afsprake en aktiwiteite wat jul as gesin saam kan doen.

Toemaar, Jesus is alreeds daar. Gelukkig is Hy die heeltyd besig om vir jou kind en vir jou in te tree daar by God die Vader (Hebreërs 7:25). Hoe ‘n wonderlike gerusstelling is dit tog nie.

Gebed:

My Hemelvader, ek bid vandag vir hulp by U om my tiener in u weë groot te maak. Help ons om mekaar te verstaan. Laat my kind asseblief leer dat, al sou ek hom vaal, U altyd beskikbaar is. Dankie daarvoor. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Toemaar, Jesus is daar.

Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid