Leesplan inligting

Toemaar, Jesus is daar.Voorbeeld

Toemaar, Jesus is daar.

DAG 5 VAN 7

Dag 5

Die lewe na skool

"Eer jou vader en jou moeder ..." (Matteus 19:19).

God se opdrag is duidelik aan sy kinders: “... wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis” (Efesiërs 6:1). Verder lees ons in verse 2 en 3 die volgende: “'Eer jou vader en jou moeder' is ‘n baie belangrike gebod. En dan daar is nog ‘n belofte by: 'sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.'”

Die lewe na skool is nie vir almal ewe maklik nie. Die student is dikwels die een wat sukkel om rigting in die skielike vryheid na skool te kry. Sommige jongmense is gelukkig om dadelik ‘n werk te kry, maar die aanpassing in ‘n grootmens-wêreld is soms baie moeilik. En dan is daar ook ‘n groep wat sukkel om werk te kry en wat nie ‘n heenkome het nie en nog by hul ouers moet bly. Die vlak van frustrasie in sulke huishoudings kan soms die hoogte inskiet.

Dit maak eintlik nie saak wat van ons ouers ons kwaad maak nie. Of jy nou ‘n jongmens is, en of jy al self getroud is met grootouers wat naby jou bly, moet jy weet dat God ‘n baie duidelike opdrag vir ons elkeen het: Eer jou ouers. Wat beteken dit om jou ouers te eer?

Die Griekse woord vir “eer” beteken om “te eerbiedig en te waardeer". Waardeer dus jou ouers, behandel hulle met respek, aanvaar hul gesag en ja — as dit nodig is — sorg vir hulle (1 Timoteus 5:4). Selfs Jesus was vir ons die voorbeeld aan die kruis toe Hy daar in sy uur van intense pyn nog steeds gesorg het dat sy ma versorging het (Johannes19:25-27).

As jy hierdie voorskrifte rakende jou ouers kan nakom, is daar ‘n belofte in die Woord van God: "sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde". Daarom is dit nodig om op ‘n plek te kom waar jy Jesus Christus innooi in jou hart, maar ook in jou verhouding met jou ouers. Lewe in vrede met hulle so ver as wat dit van jou afhang (Romeine12:18), luister na hul raad en versugtinge en toon begrip. Die Bybel leer ons so mooi: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander (Filippense2:4).

Ag, vra Jesus nou om jou mooi te help in jou verhouding met jou ouers. Weet dat Hy vir jou intree by jou Hemelvader, want Hy is alreeds daar.

Gebed:

Liewe Heer, ek bid vandag vir U hulp in my verhouding met my ouers. Leer my om hulle met respek en liefde te behandel en vergewe my asseblief my oorhaastigheid en ongeduld. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Toemaar, Jesus is daar.

Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid