Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 3)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

DAG 5 VAN 5

Dit is regtig moeilik om op koue oggende op te staan, wanneer ons eerder onder ons snoesige komberse in ons warm bed wil bly. Op sulke dae hardloop ek vinnig in die gang af om die termostaat warmer te stel.


Ons dae begin dikwels so. Ons kinders het reeds die "termostaat" vir die oggend gestel wanneer ons opstaan. “Ma, ek is haastig om te gaan!" “Ma, hy het my geslaan!” “Ma! Sê sy moet ophou!” Ons word met die koue realiteit van 'n oorweldigende dag agtergelaat, en dit is maar 7:30 vm.


Ons innerlike termostaat begin styg — nie na 'n gemaklike temperatuur nie, maar na een wat ons eie gemak oorskry. As ons nie oppas nie, mag die stoom wat ons inhou dalk oor die hele huishouding ontplof.


Raai wat, mamma? Die termostaat van jou huis, is in jou beheer. Ek weet. Daar is te veel dinge wat na jou kant gegooi word en jou vrede bedreig. Ek het egter geleer ons het die mag om self die pas van ons huishouding aan te gee.


Wat is jou reaksie wanneer daardie "ma-uitroepe" na jou kant toe kom? Wat is jou houding wanneer jou tiener se houding nou nie juis skitter nie? Daal jy af na hulle vlak deur met woede en emosionele uitbarstings te reageer? Of styg jy bo dit uit deur met stilte, fermheid en kalmte te reageer? Dit voel regtig soos 'n onbegonne taak, maar die Skrif sê dat ons die vrug van die Gees van God het wat binne-in ons woon. Liefde, vreugde, vrede, geduld ...


Waarom is ons vinnig om te vergeet? Waarom laat ons toe dat ons kinders die pas aangee? Waarom laat ons die vyand toe om dag na dag die geveg te wen?


Jesus het ons geroep om vredemakers te wees wat kies om die pas van ons dag aan te gee, nie vredemakers wat ons houding saam met die broodkrummels onder die mat in vee nie. Vredemakers val nie terug op hul natuurlike neigings nie, maar maak moeilike, werklike keuses. Die bewaarders van vrede bly stil en skakel af, in die hoop dat alles uiteindelik self sal regkom en is dan teleurgestel wanneer dit nie gebeur nie.


Mamma's, ons het sy Gees in ons wat ons in staat stel om met ons woorde en gesindhede die pas in ons huise aan te gee. Ons sal ons kinders laat verstaan dat ons kies om 'n goeie dag te hê, ongeag wat mag gebeur, wetende dat ons gesindheid harder as woorde praat. Ons sal nie die vyand toelaat om oor te neem en ons te verteer nie. Ons sal liefde, vreugde, vrede en geduld kies. Ons sal Hom kies!


O, Vader. Gee my die vermoë om verby die chaos van ons oggende, ons dae te kyk. Help my om my gedagtes op U te rig en vandag in u vrede en teenwoordigheid, die beste voorbeeld van U vir my kinders te kan wees. Help my om die pas vir die dag aan te gee, die hele dag, in die wete dat U vooruit gegaan het en reeds 'n weg gebaan het vir elke omstandigheid, selfs die wat dreig om my onder te kry. Dankie vir u Gees wat my nooit verlaat nie. Op hierdie oomblik kies ek U. U teenwoordigheid laat my glimlag, dit maak nie saak wat voorlê nie.


As jy hierdie leesplan geniet het, gaan kyk ook na deel 4 hier en vir 'n harde kopie Bybelstudie-weergawe hier. Maak kontak met Robin op Instagram @manymeadows


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 3 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid