Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 3)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

DAG 3 VAN 5

“Soos water van 'n eend se rug af!” Watter onsin. Hierdie gesegde is 'n leuen en ons weet dit. Woorde kan seermaak.


Woorde maak saak.


Woorde is kragtig. God het die hemel en die aarde geskep deur sy woorde. Hy is die Woord! Woorde is belangrik, want dit is die manier waarop ons met mekaar kommunikeer. Ons behoort te weet, aangesien die gemiddelde vrou blykbaar 13 000 woorde per dag meer sê as 'n man! Woorde is ook die manier waarop ons met God kommunikeer. Dit is ook een van die maniere waarop Hy met ons kommunikeer. Woorde maak ons motiewe en voornemens bekend — of ons nou sagkens praat om te troos, seën of bemoedig of in 'n uitbarsting van woede om te blameer, te verdedig en te oortuig. Al hierdie woorde kom uit dieselfde mond, soms op dieselfde dag, soms binne 'n kwessie van 'n paar oomblikke. Alle woorde ontspring uit ons hart — of dit nou opbou of afbreek. Ons kan mense, veral ons gesinne, verdrink in te veel woorde óf hulle uithonger deur onsself van hulle af te sluit.


Woorde is vir ewig. Ons kan nooit iets wat ons gesê het, terugtrek nie, selfs al het ons dit onnadenkend gesê. Daar is altyd 'n mate van waarheid in sarkasme en sarkasme is 'n swak manier om te kommunikeer met diegene wat ons liefhet, alhoewel ons kinders 'n manier het om dit uit ons te trek met hulle houdings. Selfs na die mees opregte verskoning vir ons heethoofdige, haatlike of sorgelose woorde, sal die skade altyd bly. Dit vereis 'n magtige werking van die Heilige Gees om die wonde gesond te maak wat daardie woorde agtergelaat het. Jy weet. Jy was al aan die ontvangkant. Meermale as wat jy graag wil, is jy die een wat dit uitdeel.


Die Woord van God leer ons dat woorde "kom uit die hart" (Matteus 15:18) en maak dus die toestand daarvan bekend; en "Die tong het mag oor dood en lewe" (Spreuke 18:21). Sjoe! Dit is baie om in ag te neem. Wat laat ons dus na met ons woorde? Hulle is ewig.


Mag ons minder woorde met ander mense praat en meer met God.


Vader, ek bely dat my hart tans dalk nie in die beste toestand is nie, as mens my woorde in ag neem. Ek het berou oor die ongenaakbaarheid van my stemtoon, die skerpte van my uitsprake en woorde wat dood en verwoesting saai, eerder as lewe en bemoediging. Ek vra U om vandag en elke dag van my hart besit te neem en my vinnig daarop te wys wanneer ek U verplaas het met my eie agenda en selfsugtigheid. Mag my woorde vandag tot seën wees vir my gesin en ander mense, maar veral vir U. Dankie dat U my liefhet, selfs in my swakhede.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 3 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid