Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 3)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

DAG 4 VAN 5

"Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie" (Spreuke 31:25).


Sy het geen kommer oor die toekoms nie. Hoe kan hierdie vrou uit Spreuke 31 geen bekommernis oor die toekoms hê nie? Oor dinge waarvan sy geen idee het nie?


Regtig, dink daaroor. Niemand van ons weet wat môre inhou nie. Ons is en hou daarvan om te weet wat voorlê, en beplan sodat ons voorbereid en gereed kan wees. Wanneer ons nie weet nie, kan vrese vinnig kop uitsteek.


Sommige van die vrese waarmee ek nou en in die verlede gekonfronteer is, is vir my kinders se lewens. Vir my man se lewe. In die dae voor selfone het ek my man se hele begrafnis in al die fynste besonderhede beplan as hy laat van die werk af by die huis aankom! Onder ons vrouens is vrees 'n baie algemene ding.


Ek moet steeds veg teen die vrees dat iets met my gesin kan gebeur. Dat my gesondheid agteruit sal gaan. Waar sal dit my laat? Wat gaan ek dan doen? Hoe gaan ek dit oorleef?


Wat is die vrou in Spreuke 31 se geheim? Hoe kan sy so rustig oor die onbekende wees?


Ek glo sy het totale, algehele vertroue in God, in sy getrouheid en die feit dat Hy in beheer is, laat haar met ware vrede en gerustheid in haar hart. Sy ken die bron van daardie vrese, en dit is nie God nie. Sy glimlag oor die toekoms, wetende dat dit in sy hande is en dat Hy betroubaar is.


Ek probeer nog om daar uit te kom. By daardie plek van vrede waar ek kan rus en net kan vertrou en glimlag. Ek vind dat dit tog stadigaan makliker word. Sommige dae moet ek nog daardie glimlag op my gesig forseer deur te glo in die waarheid van die Woord van God. My siel sukkel nog om my hart heeltemal op dieselfde golflengte te kry.


Een van my mentors, Corrie ten Boom, wat deur die verskriklike wreedaardige groot slagting van die Tweede Wêreldoorlog geleef het, het gesê: "Moet nooit bang wees om 'n onbekende toekoms aan 'n bekende God toe te vertrou nie." En: “Bekommernis haal nie die hartseer uit môre uit nie, dit haal die krag uit vandag uit." Sy behoort te weet.


Wat van jou? Watter vrese dreineer jou krag en weerhou jou daarvan om vir die toekoms te glimlag? Bely dit sommer nou. Hy het jou, en jou kinders in die holte van sy hand. Glo dit.


O, Vader. Ek wil U in vertroue ken, en môre in u oppermagtige hand toevertrou, maar ek weet dat my vrese my gebonde hou en verhoed dat ek U ten volle vertrou. Ek vra die moed om ewigdurend aan U te behoort, wetende dat U my en my gesin se toekoms in u wyse hande hou. Mag daar nou vreugde in my gees opvlam vir wie U is en 'n glimlag op my gesig plaas. Dankie dat U my liefhet, veral wanneer ek bang is.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 3 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid