Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 3)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

DAG 1 VAN 5

So, dis Maandag. Of 'n vakansie is om die draai, of net nog 'n moeilike dag op kantoor of waar jy besig is om jou kroos op te voed. Jy sien al klaar op daarna. Ek het al baie so gevoel. Om 'n ma te wees, is moeilik.


Dit mag wees wanneer jou man weg is, of by die huis, maar siek. Dalk wanneer jy na jou eie ma moet omsien. Of jy moet teruggaan werk toe. Miskien wanneer jou kinders wakker word, begin jou moeilike dag weer van voor af. Of dis jou tiener se weerstand wat jou ontsenu.


Raai wie staan gedurende sulke tye en toekyk? Jou vyand. Hy ken al jou knoppies, al jou kwesbaarhede. Hy hou baie van vrees. Hy staan en toekyk om seker te maak jy word teleurgestel, ontnugter en ontmoedig. Sien jy al die ont-e? Hy wil jou uit jou posisie verwyder.


Jou posisie en plek is deur jou Skepper aan jou gegee. Hy het net die regte plek op aarde en die perfekte tyd in die ewigheid geken en jou daar geplaas sodat jy vir Hom die meeste eer kon bring. Raai wat? Dit is juis nou! Dit is net waar jy is! Dit is presies wat jy nou doen. Dit is om 'n ma, 'n vrou, 'n dogter en 'n vriendin te wees.


As jou vyand jou van daardie plek kan verwyder en dit met vrees vul, het hy gewen. Hy het jou ont-setel en ont-slaan uit die presiese plek waar God jou geplant het. Tot SY eer!


Is dit moontlik dat ons vrees die krag van God kan verhoed om in ons dringende situasies te werk? Kan ons daardie vrees met verwagting vervang, en glo dat Hy al is wat ons nodig het en dat sy krag in ons swakhede sigbaar sal word?


Kan sy krag in ons meer uitrig as wat ons ooit sou kon dink of ons voorstel, as ons ophou vrees en eerder verwag dat Hy sal oorneem en sy almag bewys?


O, Vader. Die benoudheid vir wat voorlê is besig om my gedagtes te oorheers en ook oor te loop in my gesindheid. My vrese weerhou u krag om in my eie hart te werk! Ek wil uit u pad beweeg en U toelaat om my vooruit te gaan. Ek wil die vrees vervang met verwagting van alles wat ek weet U in hierdie plek en tyd kan doen. Help my om op U te wag, wetende dat U aan die werk is, selfs al kan ek dit nie sien nie. Ek plaas my hand in u hand, wetende dat my vyand wil hê dat ek U moet weerstaan. Help my om hom teen te te staan deur U te kies. Ek leef in afwagting en is opgewonde om te sien wat gaan gebeur!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 3)

Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 3 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid