Leesplan inligting

Gereed Vir VandagVoorbeeld

Gereed Vir Vandag

DAG 7 VAN 7

Ek het gehoor ...

“Ons het maar so grootgeword.” Maar toe leer ek in die Bybel ek hoef nie so oud te word nie.

“Jy moet iets agter jou naam hê.” Maar toe ontdek ek God gee aan my ’n nuwe identiteit. Hy noem my sy kind. Hy gee ewige waarde aan my lewe.

“Jy moet jou lewe uitsorteer.” Maar nou ervaar ek Christus doen die uitsorteerwerk.

“Jy moet mense bekeer.” Maar toe ontdek ek dit is die Here se werk. Ek is slegs sy getuie. Ek reël ontmoetings tussen Hom en mense. Daarna staan ek uit sy Gees se pad.

“Dit is nou elkeen vir hom- en haarself.” Maar ek is dankbaar om deel te wees van sy aardse geloofsfamilie waar mense mekaar se laste dra.

“Ons moet vir die Here werk.” Maar toe ontdek ek Hy het al die werk klaar gedoen, nou kan ek net vir Hom leef.

“Ons moet groot dinge vir die Here doen.” Maar nou begryp ek kleiner is die regte grootte vir die Here. By Hom is eerste laaste, en voor is agter.

“Eendag sal die wêreld anders wees.” Maar toe leer ek dat ek slegs vandag tot my beskikking het om tot eer van die Heer te leef. Vandag is die dag van die Here.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit GEREED VIR VANDAG deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Gereed Vir Vandag

Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Jouber...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid