Leesplan inligting

Gereed Vir VandagVoorbeeld

Gereed Vir Vandag

DAG 4 VAN 7

Moenie jouself jammer kry nie

Wanneer jy die woord “nutteloos” hoor, dink jy dalk aan ander woorde soos “vermy”, “systap”, of “gebruik minder”. ’n Mens voel soms so. Jy voel jy is in die pad. Jy is oorbodig. Niemand hoor jou nie. Jy sê vir almal dinge loop skeef, maar dit val op dowe ore. Jy soek hulp, maar niemand help jou nie. Dan weet jy nuttelose jy is op die toneel. Wel, die Here stem nie hiermee saam nie. Jy is nie waardeloos net omdat jy nutteloos voel nie.

Vra gerus vir Jeremia. In Jeremia 15 kla hy steen en been by God dat niemand na hom luister nie. Hy moet eenkant sit. Niemand steur hulle aan sy woorde nie. God weier egter om die Eregas te wees by Jeremia se jammerkry-partytjie. Hy sê vir Jeremia om op te hou om homself te bejammer. Dan sal Hy hom weer in sy diens neem.

Jy is nie net nuttig vir die Here wanneer jy dink jy is nie. Of wanneer jy so voel nie. Jy word geroep om reg te leef en reg te doen. As jy dit doen, is dit goed genoeg én nuttig genoeg vir God. Hy maak jou sterk genoeg om Hom na te volg. Moenie daardie misplaaste idees oor jou eie nutteloosheid glo nie; glo die Here wat weier om dit oor jou te sê.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Gereed Vir Vandag

Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Jouber...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid