Leesplan inligting

Gereed Vir VandagVoorbeeld

Gereed Vir Vandag

DAG 5 VAN 7

God hou van “useless” mense

Nadat die ontwerper Philippe Starck gesukkel het om suurlemoensap oor sy vis uit te druk, het hy ’n suurlemoen-versapper ontwerp. Hy het ’n skets op ’n servet gemaak in die vorm van ’n metaal traandruppel met drie bene. Dit is die “Juicy Salif” gedoop. Hierdie ontwerp was ’n dawerende sukses, al het dit glad nie goed gewerk nie! Die servet met die skets op word selfs in die Alessi-museum in Milaan uitgestel. “Juicy Salifs” het in Amerikaanse kunsmuseums beland, en “sci-fi”-flieks het dit as model vir ruimteskepe gebruik.

Tegnies is die “Juicy Salif” ’n “useless” sukses. Selfs Starck moes erken: “Dit is nie bedoel om suurlemoene uit te druk nie, maar om gesprekke te begin.” Dalk werk genade ook so. Nee wag, dit werk beslis so! God hou van “useless” mense wat verlore geraak het. Hy hou van mense wat nie ewe veel van Hom hou nie. Daarom het Jesus ons kom opsoek. Hy het ons wat sy hand van genade vasgryp eiehandig terug gedra na sy Vader se huis. In Sefanja 3:17 se woorde is God nou stil-tevrede oor ons. Ons verskaf Hom groot vreugde. In 2 Korintiërs 3:18 se woorde verander Hy ons al hoe meer om sy glorie uit te straal.

Die Here weier dat daardie twee woorde waarvan die woord “useless” afstam, naamlik “use” en “less”, waar is van ons. Hy verklaar ons tot “use-ful” vir Homself. Hy maak ons nuttig en bruikbaar in sy diens.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Gereed Vir Vandag

Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Jouber...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid