Leesplan inligting

Gereed Vir VandagVoorbeeld

Gereed Vir Vandag

DAG 6 VAN 7

God weet hoe dit met jou gaan

Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Daarom vertel Hy in Psalm 1 uit die staanspoor vir mense hoe dit met hulle gaan. Vers 1 van hierdie mooi psalm begin juis met hierdie woorde. Wel, hierdie bevoorregte groep mense met wie dit goed gaan in God se oë is dié wat nie rondsit in die geselskap van ligsinniges nie. Of wat rondstaan tussen sondaars nie. Of wat die raad van bose mense navolg nie. Mense wat dit doen, is soos strooi wat vinnig weg dwarrel wanneer God se oordeelswind daardeur waai.

Psalm 1 sê ook dat dit goed gaan met mense wat die Here se woord dag en nag oordink en wat sy wet liefhet. Dit is hulle wat God se Woord geniet en daarin vreugde vind. Dit vul hulle gedagtes. Hulle leef dit ook uit. Mense met wie dit goed gaan, het God en ander mense lief. Hulle sorg vir armes en vir dié in nood. Hulle ontferm hulle oor vreemdelinge. Sulke mense is soos ’n boom wat stewig by die waterstrome geplant is. Hulle dra op die regte tyd vrugte wat God verheerlik. God se regte pad is ’n goedgaanpad. Maak asseblief seker dat jy ook deel is van hierdie bevoorregte groep mense. Leef so dat God self sal verklaar dit gaan goed met jou.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Gereed Vir Vandag

Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Jouber...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid