Leesplan inligting

Gereed Vir VandagVoorbeeld

Gereed Vir Vandag

DAG 1 VAN 7

Die lewe is nie regverdig nie, maar God is

Die lewe slaan jou partykeer ’n klipharde hou op die ken. Dit is nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles wat hulle besit. Skurke en skelms floreer dalk. Die wiel is veronderstel om te draai soos wat baie mense sê, maar dit draai nie. Dit het iewers vasgehaak. Dit lyk partykeer of dit beter gaan met al wat ’n boef en ’n skurk is, maar al hoe slegter met die Here se mense.

Hoe gemaak in so ’n deurmekaar wêreld? Wel, ten minste moet jy nie val vir daardie wortel wat sommige voor jou neus swaai in sulke tye nie. Ek praat van daardie gevleuelde woorde: “Glo maar net; alles sal regkom.”

Soms kom dinge nooit reg nie – in elk geval nie soos jy gedink het dit behoort reg te kom nie. Vra maar vir dié wat hulle werk of hulle gesondheid verloor het, selfs al glo hulle. Maar wat jy wel in sulke tye moet doen, is om die Bybel te glo wanneer dit sê dat God steeds regverdig en vol liefde is. En dat jy ook geroep word om Hom te dien, maak nie saak wat met jou en rondom jou gebeur nie.

Hy is jou goeie herder wanneer jy langs groen weivelde loop, maar ook as jy deur ’n donker dal moet worstel. Hy los jou nooit op jou eie nie, selfs nie as die wind aanhou om teen jou te waai nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gereed Vir Vandag

Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Jouber...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid