Leesplan inligting

10 Mini-Oordenkings Vir VroueVoorbeeld

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

DAG 4 VAN 10

’n Skuilplek

’n Skuilplek of veilige vesting. Dis wat ons almal wil hê, nie waar nie? Wanneer die laste van die lewe swaar op ons rus en ons geen verligting vind nie, wil ons net weghardloop en iewers skuil. Wat is ’n skuilplek? ’n Veilige plek. ’n Wegkruipplek. God kan al daardie dinge vir ons wees in ons tye van moedeloosheid. Maar die tweede deel van die sin is baie belangrik. Hy sorg vir dié wat op Hom vertrou. Vertroue is ’n interessante ding, want dit beteken om te glo dat God daar is en dat Hy werk selfs wanneer jy nie kan sien wat Hy doen nie.

Vertrou op Hom om jou en dié vir wie jy lief is te versorg. Dan sal jy ervaar dat Hy vir jou ’n skuilplek is.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid