Leesplan inligting

10 Mini-Oordenkings Vir VroueVoorbeeld

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

DAG 3 VAN 10

Die beste geskenk

Wat is die wonderlikste geskenk wat jy al ooit ontvang het? Dink ’n oomblik daaroor. Wat het dit so spesiaal gemaak? Wie het dit vir jou gegee? Wat het jy gedoen nadat jy dit ontvang het? Het jy iemand vertel? Het jy feesgevier?

Die wonderlikste geskenk denkbaar is die wete dat God jou liefhet. Hy het jou onvoorwaardelik, volkome en vir ewig lief. Watter soort reaksie ontlok dit in jou hart? Gaan jy stilbly oor sy liefde? Voel jy lus om fees te vier? Hoe voel jy daaroor om dit te deel? Dis tog regtig nie iets waaroor jy kan stilbly nie, of hoe? Vertel iemand dan vandag van sy wonderlike liefde. Vertel hulle hoe jy sy liefde elke dag in jou lewe kan voel.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid